21 Oktober is die 294ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (295ste in skrikkeljare). Daar volg nog 71 dae in die res van die jaar. Gebeure 686 – Pous Konon volg Pous Johannes V op. 1032 – Pous Benedictus IX volg Pous Johannes XIX op. 1187 – Pous Gregorius VIII volg Pous Urbanus III op. 1666 – Pous Alexander VII verklaar Johannes van Matha en Felix van Valois heilig. 1805 – Napoleontiese Oorloë: Lord Nelson lei die Britse vloot tot ’n oorwinning in die Seeslag van Trafalgar en verslaan Pierre-Charles Villeneuve en sy gekombineerde Franse en Spaanse Vloot. 1854 – Florence Nightingale en 38 verpleegsters word na die Krimoorlog gestuur. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Paul Kruger vertrek met die oorlogskip Gelderland na Europa; die skip is oorspronklik deur Koningin Wilhelmina na Lourenco Marques gestuur. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: HMAS Australia word getref in die eerste kamikaze-aanval deur Japan. 1945 – Die Argentynse militêre offisier en politikus Juan Domingo Perón trou met die aktrise Evita. 1952 – Jomo Kenyatta word in hegtenis geneem ná die verklaring van ’n noodtoestand in Kenia (toe nog 'n Britse kolonie), as deel van die toeslaan op die Mau Mau-rebellebeweging. 1986 – Die Marshalleilande word van die Verenigde State onafhanklik. 1996 – Die VN berig dat meer as 200 000 Hutu-vlugtelinge na die heuwels gevlug het, om die konflik tussen die weermag van Zaïre en Tutsi-guerillas te ontsnap.
Geboortes 1833 – Alfred Nobel, Sweedse uitvinder (van o.m. dinamiet) en die skepper van die Nobelprys († 1896). 1894 – Irma Stern, Suid-Afrikaanse skilder († 1966). 1917 – Dizzy Gillespie, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek († 1993). 1924 – Joyce Randolph, Amerikaanse aktrise († 2024). 1929 – Jan Barnard, Springbok-maratonatleet († 2012). 1929 – Ursula K. Le Guin, Amerikaanse skrywer († 2018). 1938 – Gertjie Brynard, 'n Springbokrugbyspeler († 2018). 1949 – Morné du Plessis, Suid-Afrika se 36ste Springbokkaptein. 1949 – Benjamin Netanyahu, Israelse politikus (eerste minister 2009-2021). 1950 – Ronald McNair, Amerikaanse wetenskaplike en ruimtevaarder, sterf in die Challenger-ramp († 1986). 1956 – C. Johan Bakkes, Suid-Afrikaanse skrywer, rekenmeester en toergids († 2025). 1961 – Paul Mashatile, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en adjunkpresident sedert 2024. 1987 – Sophie Willan, Britse aktrise, verteller, skrywer en komediant. 1995 – Jasper Wiese, Springbokrugbyspeler. 2000 – Bernice van der Westhuizen, Afrikaanse sanger-liedjieskrywer.
Sterftes 1422 – Karel VI van Frankryk, koning van Frankryk (* 1368). 1587 – Johann Wigand, Protestantse teoloog en hervormer (* 1523). 1924 – Elsie Eloff-Kruger, dogter van pres. Paul en mev. Gezina Kruger (* 1853). 1952 – Hans Merensky, Suid-Afrikaanse geoloog, prospekteerder, wetenskaplike, omgewingsbewaarder en weldoener (* 1871). 1969 – Jack Kerouac, Amerikaanse skrywer (* 1922). 2004 – Magdalena K. P. Smith Meyer, 'n wêreldbekende Suid-Afrikaanse akaroloog (* 1931). 2006 – Ronnie Belcher, Afrikaanse digter en lektor (* 1932). 2012 – Jan Barnard, Springbok-marathonatleet (* 1929). 2019 – Anthony Bishop, Suid-Afrikaanse akteur (* 1971). 2021 – Bernard Haitink, Nederlandse dirigent (* 1929). 2024 – Christine Boisson, Franse aktrise (* 1956).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Oorsese Chineesdag in die Republiek China (Taiwan).
Kategorie:Oktober