27 Oktober is die 300ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (301ste in skrikkeljare). Daar volg nog 65 dae in die res van die jaar.
Gebeure 312 – Keiser Konstantyn die Grote wen die veldslag by die Milviaanse brug. 625 – Pous Honorius I volg Pous Bonifatius V op. 1254 – Pous Innocentius IV hou sy triomfantelike intog in Napels. 1597 – Alfonso II, hertog van Ferrara, sterf kinderloos. Pous Clemens VIII voeg Ferrara toe tot die pouslike staat. 1608 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word biskop van Spoleto. 1795 – Die VSA en Spanje teken die Verdrag van Vriendskap, Limiete en Navigasie, wat die grense tussen die Spaanse kolonies en die VSA bepaal. 1873 – Die Tradouwpas word oopgestel deur sir Henry Barkly. 1904 – Die eerste gedeelte van die New York Stad-moltrein open tussen die New York-stadsaal en die Bronx. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse vliegdekskip USS Hornet word deur Japannese lugaanvalle gekelder (reeds op 26ste aangeval). 1943 – In Kaapstad stig die NG gemeente Pinelands af van die NG gemeente Maitland. 1958 – Generaal Ayub Khan werp Iskander Mirza omver in ’n bloedlose staatsgreep; Khan word die tweede president van Pakistan. 1979 – St. Vincent en die Grenadines word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. duimnael|125px|Gerhard Schröder 1991 – Turkmenistan word van die Sowjetunie onafhanklik. 1998 – Gerhard Schröder word kanselier van Duitsland. 2006 – Die Johannesburg Internasionale Lughawe word amptelik herdoop na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe. 2017 – Katalonië verklaar onafhanklikheid vanaf Spanje.
Geboortes 1782 – Niccolò Paganini, Italiaanse violis († 1840). 1858 – Theodore Roosevelt, 26ste president van die Verenigde State (tussen 1901 en 1909) († 1919). 1913 – H.J.J.M. van der Merwe, Afrikaanse taalkundige († 1974). 1915 – Hermien Dommisse, Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur († 2010). 1917 – Oliver Tambo, ANC-president en vryheidsvegter († 1993). 1932 – Sylvia Plath, 'n Amerikaanse digter, romanskrywer, en kortverhaalskrywer († 1963). 1933 – Jan Hettema, Olimpiese fietsryer en Springboktydrenjaer († 2016). 1939 – John Cleese, Britse akteur. 1952 – Brigitte Engerer, Franse pianis († 2012). 1958 – Jonathan Shapiro, Suid-Afrikaanse spotprenttekenaar. 1968 – Neil de Beer, Suid-Afrikaanse politikus en kommentator († 2025). 1973 – Semmy Schilt, professionele Nederlandse skopbokser. 1977 – Tessa Jubber, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes 1605 – Akbar die Grote, Mogolheersers van Indië (* 1542) 1939 – Elizabeth Conradie, Afrikaanse lektor en navorser (* 1903). 1958 – Doktor Carel Gerretson, Nederlandse skrywer, essayis, geskiedkundige en politikus (* 1884). 1992 – Ivan Andreadis, Tsjeggo-Slowaakse tafeltennisspeler (* 1924). 2010 – Gideon Joubert, Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer (* 1923). 2013 − Lou Reed, Amerikaanse musikant en fotograaf (* 1942). 2017 – Cecil Moss, 'n Springbokrugbyspeler, -afrigter en dokter (* 1925).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Onafhanklikheidsdag in Sint Vincent en die Grenadine (1979). Onafhanklikheidsdag in Turkmenistan (1991).
Verwysings
Kategorie:Oktober