28 Oktober is die 301ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (302de in skrikkeljare). Daar volg nog 64 dae in die res van die jaar.
Gebeure duimnael|125px|Slag van Milvianbrug duimnael|125px|Amerikaanse Vryheidstandbeeld 312 – Konstantyn die Grote neem Christenskap aan en verslaan Maxentius in die Slag van Milvianbrug. 1061 – Pietro Cadalus word deur die keiser aangestel as Teenpous Honorius II van die Rooms-Katolieke Kerk. 1419 – Kardinaal Morosini kroon koningin Johanna II van Napels. 1538 – Pous Paulus III publiseer die bul In apostolatus culmine oor die oprigting van die Universiteit van Santo Domingo op Hispaniola. 1834 – Die Pinjarra-menseslagting vind plaas naby Pinjarra, Wes-Australië. 1886 – In die New York-hawe wy president Grover Cleveland die Vryheidsbeeld, ’n geskenk van Frankryk, in op die honderdjarige viering van die VSA se onafhanklikheidsverklaring. 1900 – Die Gelderland, met President Paul Kruger en sy geselskap aan boord, verlaat Dar-es-Salaam. 1918 – Tsjeggo-Slowakye verkry onafhanklikheid van Oostenryk-Hongarye. 1919 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word biskop. 1922 – Fascistiese gewapende groepe onder Benito Mussolini marsjeer op na Rome om die Italiaanse regering oor te neem. 1958 – Pous Johannes XXIII volg Pous Pius XII op. 2023 – Die Springbokke klop die All Blacks in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk met 12–11 en palm vir die vierde keer die Webb Ellis-beker in.
Geboortes 1629 – Maria van Riebeeck, vrou van Jan van Riebeeck († 1664). 1844 – Thomas Upington, vierde eerste minister van die Kaapkolonie († 1898). 1846 – Auguste Escoffier, Franse sjef († 1935). 1903 – Evelyn Waugh, Engelse skrywer en joernalis († 1966). 1908 – Harry Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat († 2000). 1909 – Francis Bacon, Ierse kunstenaar († 1992). 1914 – Jonas Salk, Amerikaanse mediese navorser, viroloog en ontdekker van die polio-entstof († 1995). 1929 – Joan Plowright, 'n Engelse aktrise († 2025). 1930 – Bernie Ecclestone, voormalige president en hoofbesturende direkteur van Formula One Management. 1933 – Constand Viljoen, voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en later die stigter van die Vryheidsfront († 2020). 1940 – Nic de Jager, Afrikaanse akteur en radio-omroeper. 1953 – Kupido, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2016). 1955 – Bill Gates, stigter van Microsoft. 1956 – Mahmoud Ahmadinejad, sesde president van die Islamitiese Republiek van Iran. 1956 – Volker Zotz, Oostenrykse filosoof. 1993 – Cheslin Kolbe, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyspeler. 1997 – Sierra McCormick, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 1412 – Margrethe I, koningin van Denemarke, Noorweë en Swede (* 1353). 1520 – Pier Gerlofs Donia, Friese en vryheidsvegter, volksheld, ridder en rebel (* 1480). 1704 – John Locke, Engelse filosoof (* 1632). 1740 – Anna van Rusland, tsaar van Rusland (* 1693). 1792 – Paul Heinrich Gerhard Möhring, Duitse dokter, plantkundige en dierkundige (* 1710). 1897 – Sir Hercules Robinson, Britse goewerneur van die Kaapkolonie (* 1824). 2008 – Buck Adams, Amerikaanse pornografiese akteur (* 1955). 2016 – Tim Couzens, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1944).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Dag van die Nee in Griekeland (1940).
Kategorie:Oktober