31 Oktober is die 304de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (305de in ’n skrikkeljaar). Daar volg nog 61 dae in die res van die jaar.

Gebeure

duimnael|regs|100px|Martin Luther 649 – Die eerste Lateraanse sinode eindig; dit het op 5 Oktober begin. 1517 – Protestantse kerkhervorming: Martin Luther maak sy 95 stellings bekend. 1749 – Pous Benedictus XIV publiseer Gravissimo animi, waarin hy prelate se besoek aan nonnekloosters verbied. 1864 – Nevada word toegelaat as die 36ste staat van die Verenigde State. 1892 – Arthur Conan Doyle publiseer The Adventures of Sherlock Holmes. 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Slag by Berseba. 1918 – Hongarye verlaat die statebond met Oostenryk. 1922 – Benito Mussolini word die jongste premier in die geskiedenis van Italië. 1924 – Wêreldspaardag word op die Wêreldvereniging van Spaarbanke se Eerste Internasionale Spaarbankkongres in Milaan, Italië, afgekondig. Afgevaardigdes uit 29 lande hoop dié dag maak mense meer spaarbewus. 1938 – Groot Depressie: In ’n poging om beleggervertroue te herstel, stel die New Yorkse Effektebeurs 'n vyftienpuntplan bekend wat daarop gemik is om die beleggingspubliek te beskerm. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag om Brittanje eindig. Die Verenigde Koninkryk keer hiermee dat Duitsland Groot-Brittanje oorneem.duimnael|regs|100px|Mount Rushmore. 1941 – Ná 14 jaar is die rotsbeeldhouwerk van 4 Amerikaanse presidente by Mount Rushmore afgehandel. 1954 – Algeriese Onafhanklikheidsoorlog: Die Algeriese nasionale bevrydingsfront begin met ’n opstand teen Franse bewind. 1956 – Suezkanaal-krisis: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk begin om Egipte te bombardeer om die heropening van die Suezkanaal te forseer. 1961 – In die Sowjetunie word Joseph Stalin se liggaam verwyder van Lenin se graf. 1965 – Die eerste uitgawe van die Nasionale Pers se Sondagkoerant Die Beeld verskyn. Dit het in 1970 met Dagbreek saamgesmelt as Rapport. 1968 – Viëtnamoorlog: Die VSA-president Lyndon B. Johnson kondig die staking van alle lug-, see- en artillerie-aanvalle aan vanaf 1 November, danksy vordering by die Parys-vredesamesprekings. 1984 – Ná die sluipmoord op die Indiese eerste minister, Indira Gandhi, deur twee Sikh-sekuriteitswagte, breek protes uit in New Delhi. Duisende onskuldige Sikhs word vermoor. 1992 – Pous Johannes Paulus II herroep die veroordeling van Galileo. 1998 – Die Irakese ontwapeningkrisis begin: Irak kondig aan dat hulle nie meer gaan saamwerk met die Verenigde Nasies se wapeninspekteurs nie. 1999 – EgyptAir-vlug 990 van New York-stad na Kaïro stort neer langs die kus van Nantucket, Massachusetts. Al 217 mense aan boord sterf. 1999 – Leiers van die Rooms-Katolieke Kerk en die Lutherse Kerk teken die gesamentlike verklaring oor die leer oor die regverdiging. Hiermee word ’n eeue-oue geskil oor die aard van geloof en verlossing beëindig. 2008 – Bitcoin word bedink deur Satoshi Nakamoto, wat ’n navorsingsartikel (Bitcoin: A Peer-to-Peer Electronic Cash System) na ’n kriptografie-posgroep stuur. Bitcoin is die eerste aanwending van ’n blokketting. 2011 – Palestina word lid van UNESCO. 2015 – Nieu-Seeland klop Australië in die eindstryd met 34–17 en wen sodoende die agtste Rugbywêreldbeker.

Geboortes 1705 – Lorenzo Ganganelli (later Pous Clemens XIV), 249ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1774). 1760 – Katsushika Hokusai, Japannese houtsneekunstenaar († 1849). 1795 – John Keats, Engelse digter († 1821). 1815 – Andrew Jackson Downing, Amerikaanse landskapsontwerper, tuinboukundige en skrywer († 1852). 1835 – Adolf von Baeyer, Duitse chemikus en Nobelprys vir Chemie († 1917). 1838 – Sir William Francis Butler, Britse generaal en waarnemende Goewerneur van die Kaapkolonie († 1910). 1857 – Axel Munthe, Sweedsgebore geneesheer en psigiater, allerweë bekend as die skrywer van Die Dokter van San Michele († 1949). 1864 – Joachim Petrus Prinsloo, Boerekommandant († 1905). 1872 – Pieter Kuypers Albertyn, NG predikant, joernalis en skrywer († 1946). 1876 – Antanas Žmuidzinavičius, Litause landskapskilder († 1966). 1887 – Chiang Kai-shek, opperbevelhebber van die nasionalistiese regering van die Republiek China († 1975). 1903 – Bertrand de Jouvenel, Franse filosoof, politieke ekonoom en futuris († 1987). 1922 – Barbara Bel Geddes, Amerikaanse aktrise († 2005). 1927 – Roger Kahn, Amerikaanse skrywer van veral boeke wat handel oor bofbal († 2020). 1929 – Bud Spencer, Italiaanse akteur († 2016). 1930 – Michael Collins, Amerikaanse ruimtevaarder en toetsvlieënier († 2021). 1942 – David Ogden Stiers, Amerikaanse komediant en akteur († 2018). 1950 – Zaha Hadid, Brits-Irakese argitek († 2016). 1953 – Danie Niehaus, Suid-Afrikaanse sanger. 1957 – Neal Stephenson, Amerikaanse skrywer. 1960 – Reza Pahlavi, Iranse politikus en opposisieleier. 1965 – Paul du Toit, Suid-Afrikaanse kunsskilder in papier, gemengde media en beeldhouwerk († 2014). 1970 – Otilia Bădescu, Roemeense vrouetafeltennisspeler wat verskeie medaljes by die Wêreld Tafeltenniskampioenskap gewen het. 1972 – Shaun Bartlett, Suid-Afrikaanse sokkerspeler. 1988 – Sébastien Buemi, Switserse professionele renjaer. 2000 – Willow Smith, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 1448 – Johannes VIII Palaiologos, tweedelaaste keiser van die Bisantynse Ryk (* 1392). 1904 – Charles Murray, NG Kerk-predikant (* 1833). 1926 – Erik Weisz (beter bekend as Harry Houdini), Hongaars gebore Amerikaanse kulkunstenaar (* 1874). 1970 – P.C. Schoonees, Afrikaanse leksikograaf (* 1891). 1984 – Indira Gandhi, voormalige eerste minister van Indië (* 1917). 2006 – P.W. Botha, Suid-Afrikaanse politikus; agtste eerste minister van Suid-Afrika (van 1978 tot 1984), en sesde staatspresident van Suid-Afrika (van 1984 tot 1989) (* 1916). 2020 – Sean Connery, Skotse akteur en rolprentvervaardiger (* 1930). 2022 – Jeremy Mansfield, Suid-Afrikaanse radio-omroeper en mediapersoonlikheid. (* 1963). 2023 – Ken Mattingly, Amerikaanse ruimtevaarder en bevelvoerder van Apollo 16 se beheermodule (* 1936).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Herdenking van Protestantse Hervorming (Hervormingsdag of op Hervormingsondag, die naaste Sondag aan 31 Oktober) in sekere Protestantse kerke. Wêreldspaardag.

Kategorie:Oktober