30 Oktober is die 303de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (304de in skrikkeljare). Daar volg nog 62 dae in die res van die jaar.

Gebeure 701 – Pous Johannes VI volg Pous Sergius I op. 942 – Pous Marinus II volg Pous Stefanus VIII (IX) op. 1119 – Pous Callixtus II ban Keiser Hendrik V en Teenpous Gregorius VIII uit die kerk. 1198 – Pous Innocentius III skryf ’n brief aan die stede Ancona, Assisi, Perugia en Spoleto, waarin hy die oppermag van die pous bevestig. 1470 – Die Graaf van Warwick herstel Hendrik VI van Engeland tot die troon tydens die Oorlog van die Rose. 1471 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) word priester en kardinaal-biskop. 1682 – Pous Innocentius XI vaardig ’n edik uit waarin die Jode van Rome verbied word om geld uit te leen. 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Nicholsonsnek vind plaas. 1961 – Tsaar Bomba, ’n Sowjet-waterstofbom, word ontplof oor die Nowaja Zemlja in die Arktiese Oseaan; dit is die grootste kernwapen wat nog ontplof is. 1974 – By die Rumble in the Jungle-boksgeveg in Zaire slaan Muhammad Ali vir George Foreman uit. 1981 – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 13 word lanseer. 1995 – Die Kanadese provinsie Quebec stem in ’n referendum ten gunste daarvan om deel te bly van Kanada. Ongeveer 50,6% van kiesers het gestem om te bly. 2024 – ‘n Algemene verkiesing word in Botswana gehou om die samestelling van die 13de Parlement asook plaaslike rade regoor Botswana te bepaal.

Geboortes 1735 – John Adams, tweede president van die VSA († 1826). 1826 – Michael Henry Gallwey, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof († 1912). 1878 – Paul Roos, Suid-Afrika se negende Springbokkaptein († 1948). 1884 – Ad Coetsee, jare lank hoof van die Potchefstroom Gimnasium († 1973). 1898 – Phil Mostert, Suid-Afrika se 16de Springbokkaptein († 1972). 1906 – Hermann Fegelein, Duitse SS-generaal († 1945). 1956 – Nick Mallett, Springbokrugbyspeler en -afrigter. 1956 – Brümilda van Rensburg, Suid-Afrikaanse aktrise. 1960 – Diego Maradona, Argentynse sokkerspeler en -afrigter († 2020). 1978 – Franck Gastambide, Franse akteur, filmprodusent en regisseur. 1978 – Natália Lage, Brasiliaanse aktrise.

Sterftes 1626 – Willebrord Snellius, Nederlandse wiskundige en sterrekundige (* 1580). 1886 – Adolf Lüderitz, Duitse koopman en stigter van die eerste Duitse kolonie in Suidwes-Afrika, vandag Namibië (* 1834). 1932 – Paul Methuen, Britse krygsman (* 1845). 1937 – J.H.H. de Waal, Afrikaanse taalstryder en politikus (* 1871). 2009 – Claude Lévi-Strauss, Franse kulturele antropoloog (* 1908). 2010 – Harry Mulisch, Nederlandse skrywer (* 1927). 2015 – Al Molinaro, Amerikaanse akteur (* 1919). 2024 – Danie Odendaal, Suid-Afrikaanse skrywer, TV-vervaardiger en -regisseur (* 1947).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:Oktober