22 Oktober is die 295ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (296ste in skrikkeljare). Daar volg nog 70 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1303 – Pous Benedictus XI volg Pous Bonifatius VIII op. 1383 – Die 1383-1385-krisis in Portugal, ’n tydperk van burgeroorlog en anargie, begin toe Koning Fernando sonder ’n manlike opvolger sterf. 1685 – Koning Lodewyk XIV van Frankryk herroep die Edik van Nantes deur middel van die Edik van Fontainebleau. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Leyte Golf begin. 1953 – Laos word van Frankryk onafhanklik. duimnael|120px|Kubaanse Misiele 1962 – Kubaanse missielkrisis: Die Amerikaanse president John F. Kennedy kondig op televisie aan dat Sowjetse kernwapens in Kuba ontdek is en dat hy ’n vlootkwarantyn van dié eilandnasie beveel het. 1962 – Nelson Mandela pleit onskuldig op aanklagte van aanhitsing en die onwettige verlaat van die land tydens die begin van sy verhoor in Pretoria, Suid-Afrika. 1986 – General Motors word die vierde Amerikaanse onderneming om van Suid-Afrika te onttrek nadat die Amerikaanse senaat President Reagan se veto teen sanksies teen Suid-Afrika tersyde gestel het. 1999 – Maurice Papon word in die tronk gestop weens misdade teen die mensdom wat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog gepleeg het. 2010 – Mianmar verander hul vlag.
Geboortes 1801 – Carl Jakob Sundevall, Sweedse dierkundige († 1875). 1811 – Franz Liszt, Hongaarse komponis († 1886). 1813 – Charles Bell, Skotsgebore landmeter-generaal van die ou Kaapkolonie, kunstenaar, heraldikus, ontwerper van medaljes en seëls († 1882). 1844 – Charles Rudd, lid van die Kaapse Parlement en diamantnyweraar († 1916). 1847 – Koos de la Rey, boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog († 1914). 1901 – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf († 1980). 1905 – Marthinus Philippus Prinsloo, jukskei-legende en senator († 1991). 1906 – André Huguenet, verhoognaam van die akteur Gert Borstlap, ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel († 1961). 1915 – Yitzhak Shamir, Israelse politikus en eerste minister († 2012). 1919 – Doris Lessing, Britse skrywer († 2013). 1927 – Allan Hendrickse, Suid-Afrikaanse politikus, prediker en onderwyser († 2005). 1939 – Cliff Saunders, Suid-Afrikaanse joernalis († 2019). 1941 – Ben Ngubane, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en premier van KwaZulu-Natal († 2021). 1957 – Ram Barkai, Suid-Afrikaanse oopwaterswemmer. 1959 – Todd Graff, Amerikaanse akteur en skrywer. 1968 – David Maynier, Suid-Afrikaanse politikus. 1970 – Javier Milei, Argentynse ekonoom, skrywer en politikus en verkose president van Argentinië. 1971 – Amanda Coetzer, Suid-Afrikaanse tennisspeler.
Sterftes 1751 – Willem IV, Prins van Oranje, Prins van Oranje en die eerste hereditêre stadhouer van al die Verenigde Provinsies van Nederland (* 1711). 1906 – Paul Cézanne, Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder (* 1839). 2009 – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser (* 1932). 2017 – Paul J. Weitz, Amerikaanse vlootkaptein, toetsvlieënier, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder (* 1932). 2019 – Marieke Vervoort, Belgiese paralimpiese atleet, sterf weens genadedood (* 1979). 2025 – David Ball, Britse vervaardiger en elektroniese musikant (* 1959).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Wêreld-hakkelbewustheidsdag. Feesdag van Pous Johannes Paulus II van die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Oktober