23 Oktober is die 296ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (297ste in skrikkeljare). Daar volg nog 69 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|regs|125px|’n Gedenksteen vir die Hongaarse Opstand (1956).

502 – Theodoric se sinode vind plaas wat Pous Simmachus van sy pligte ontneem. 1911 – ’n Italiaanse vliegtuig vlieg vanaf Libië om Turkse linies te verken tydens die Italiaans-Turkse Oorlog; dit is die eerste gebruik van ’n vliegtuig in oorlogvoering. 1956 – Die Hongaarse Opstand begin in Boedapest, Hongarye. 1958 – Die Belgiese strokiesprenttekenaar Peyo stel die strokiesprentkarakters The Smurfs bekend. 1977 – Die NG-predikant Andries Brand (40) en sy vrou word vermoor deur terroriste naby Que Que in Rhodesië. 1983 – Libanese Burgeroorlog: Selfmoordbomaanvallers vernietig twee kasernes in Beiroet, Libanon. 241 Amerikaanse mariniers en 58 Franse valskermsoldate van die internasionale vredesmag sterf. 2002 – Tsjetsjniese rebelle beset ’n stampvol teater in Moskou, en neem ongeveer 700 teatergangers en verhoogkunstenaars as krygsgevangenes in die Moskou-teaterkrygsgevangenekrisis. 2011 – Nieu-Seeland klop Frankryk in die eindstryd met 8–7 en wen sodoende die sewende Rugbywêreldbeker in Nieu-Seeland.

Geboortes 1715 – Pieter II van Rusland († 1730). 1756 – François Chabot, radikale politikus tydens die Franse Rewolusie († 1794). 1873 – Jacobus du Plessis, Afrikaanse professor in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1935). 1875 – Carl Petterson, Sweedse seeman en avonturier († 1937). 1905 – Anna Böeseken, kenner van die geskiedenis van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skryfster († 1997). 1907 – Karl Kielblock, Afrikaanse skrywer († 1991). 1929 – Nicolaas Johan Nieuwoudt, geneesheergeneraal en bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens van 1977 tot 1988 († 1989). 1932 – Piet Marais, Suid-Afrikaanse advokaat en NP-politikus († 2001). 1940 – Pelé, Brasiliaanse sokkerspeler, dikwels beskryf as die beste speler van alle tye († 2022). 1941 – Mel Winkler, Amerikaanse akteur († 2020). 1945 – Bernard Nottage, ginekoloog, politikus en Olimpiese atleet uit die Bahamas († 2017). 1952 – Antjie Krog, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en skrywer. 1970 – Grant Imahara, Amerikaanse elektroniese ingenieur en televisie-aanbieder († 2020).

Sterftes 42 v.C. – Marcus Junius Brutus, Romeinse senator (* 85). 1897 – Georges de Layens, Franse plantkundige en byeboer (* 1834). 1930 – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1858). 1933 – Cor Delfos, baanbreker in die Suid-Afrikaanse yster- en staalbedryf (* 1868). 1950 – Al Jolson, Amerikaanse sanger en akteur (* 1886). 1994 – Cornelis Pama, Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog (* 1916). 2003 – Vlasta Depetrisová, vroue-tafeltennisspeler uit Tsjeggo-Slowakye (* 1920). 2004 – Robert Merrill, Amerikaanse operasanger (* 1917). 2010 – Bob Courtney, Suid-Afrikaanse akteur en omroeper (* 1923). 2014 – Abie Malan, Suid-Afrika se 30ste Springbokkaptein (* 1935). 2018 – James Karen, Amerikaanse akteur (* 1923). 2022 – Eric Nobbs, Suid-Afrikaanse akteur (* 1954). 2022 – James McDivitt, Amerikaanse ruimtevaarder en bevelvoerder van Apollo 9 (* 1929).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Nasionale Dag in Hongarye (1956).

Kategorie:Oktober