24 Oktober is die 297ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (298ste in skrikkeljare). Daar volg nog 68 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1273 – Rudolf van Habsburg word in Aken tot keiser gekroon. 1360 – Die Verdrag van Brétigny word by Calais bekragtig, wat die eerste fase van die Honderdjarige Oorlog ten einde bring. 1449 – Pous Nicolaas V stel Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) aan as biskop van Sienna. 1648 – Die Vrede van Wesfale word onderteken, wat ’n einde bring aan die Dertigjarige Oorlog. 1851 – William Lassell ontdek Ariel en Umbriel, twee mane van die planeet Uranus. 1929 – Die Groot Depressie: Die New Yorkse Effektebeurs stort in duie op Swart Donderdag, wat lei tot ’n reeks bankrotskappe. Dit ontketen ’n wêreldwye ekonomiese depressie. 1930 – 'n Bloedlose staatsgreep in Brasilië ontsetel President Washington Luís Pereira de Sousa en die verkose President Júlio Prestes.
duimnael|regs|125px|VN vlag 1945 – Die Verenigde Nasies-verdrag, die grondwet van die Verenigde Nasies, tree in werking. 1955 – Suid-Afrika loop uit die debat by die VN se algemene vergadering oor "die rassekonflik in Suid-Afrika weens die apartheidsbeleid". 1964 – Die Britse protektoraat Noord-Rhodesië word onafhanklik en staan bekend as Zambië. 2001 – 'n Ongeluk in die Gotthard-padtonnel het elf sterf gevalle tot gevolg.
Geboortes 1632 – Antonie van Leeuwenhoek, vader van mikrobiologie († 1723). 1877 – Alex Frew, Suid-Afrika se sesde Springbokkaptein († 1947). 1880 – Tom Santschi, Amerikaanse akteur en regisseur († 1931). 1894 – Aletta Coetzee, eggenote van prof. J. Chris Coetzee († 1978). 1909 – Hendrik de Wit, Nederlandse sistematiese plantkundige († 1999). 1921 – Tilana Hanekom, Suid-Afrikaanse aktrise († 2002). 1925 – Jacques Loots, Suid-Afrikaanse akteur († 1991). 1926 – Désirée Talbot, Suid-Afrikaanse sopraan († 2020). 1940 – Schalkie van Wyk, Suid-Afrikaanse skrywer († 2025). 1948 – Phil Bennett, Walliese internasionale rugbyspeler († 2022). 1954 – Malcolm Turnbull, Eerste Minister van Australië. 1959 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur († 2022). 1981 – Grant Riddles, Suid-Afrikaanse politikus en tans burgemeester van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit. 1983 – Bibi Slippers, Suid-Afrikaanse skryfster, inhoudregisseuse en redaktrise. 1989 – Felix Arvid Ulf Kjellberg, Sweedse YouTuber bekend vir sy komiese video's. 1990 – Marcel van der Merwe, Springbokrugbyspeler.
Sterftes 1537 – Jane Seymour, derde vrou van Hendrik VIII van Engeland (* ±1508). 1601 – Tycho Brahe, Deense sterrekundige (* 1564). 1799 – Carl Ditters von Dittersdorf, Oostenrykse komponis (* 1739). 1969 – Thomas Bowler, Engelse skilder wat aan die Kaap gewerk het (* 1812). 1922 – George Cadbury, 'n Kwaker wat die Cadbury's kakao- en sjokolademaatskappy in Brittanje gestig het (* 1839). 1958 – George Edward Moore, Britse filosoof (* 1873). 2005 – Rosa Parks, Amerikaanse burgerregte aktivis (* 1913). 2014 – Mbulaeni Mulaudzi, voormalige 800 m-wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner (* 1980). 2017 – Robert Guillaume, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger (* 1927).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Verenigde Nasiesdag. Onafhanklikheidsdag in Zambië (1964). Arbeidsdag in Nieu-Seeland (2005).
Kategorie:Oktober