20 Oktober is die 293ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (294ste in skrikkeljare). Daar volg nog 72 dae in die res van die jaar.
Gebeure duimnael|110px|Maria Theresa van Oostenryk duimnael|110px|Sydney-opera 1604 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word aartsbiskop van Nasaret. 1740 – Maria Theresa volg die troon op in Oostenryk ná die Pragmatiese Sanksie van 1713. 1800 – Pous Pius VII stel Luis María de Borbón y Vallábriga, aartsbiskop van Seville, Spanje, aan as kardinaal. 1827 – 'n Geallieerde Britse, Franse, en Russiese vlootmag vernietig 'n gekombineerde Turkse en Egiptiese vloot by die Slag van Navarino, 'n bepalende oomblik in die Griekse Onafhanklikheidsoorlog. 1883 – Peru en Chili teken die Verdrag van Ancón, wat Peru se rol in die Stille Oseaan-oorlog beëindig. 1885 – Die Boererepubliek Upingtonia kom tot stand. 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Talana tussen Boere en Britte vind plaas. 1968 – Die voormalige VSA Presidentsvrou Jacqueline Kennedy trou met die Griekse skeepsmagnaat Aristotle Onassis. 1973 – Die Sydney-opera word amptelik deur Koningin Elizabeth II geopen. 2000 – Die Britse aktivis James Mawdsley word in Burma (Mianmar) vrygelaat ná sy arrestasie weens deelname in protes teen die slagting van etniese minderhede in die land. 2007 – Die Springbokke wen die rugbywêreldbeker in Frankryk toe hulle Engeland met 15–6 klop. 2024 – In die eindstryd van die negende T20I-vrouewêreldbeker verslaan Nieu-Seeland Suid-Afrika met 32 lopies.
Geboortes 1632 – Sir Christopher Wren, Engelse argitek, astronoom, en wiskundige († 1723). 1677 – Stanislas Leszczynski, 'n koning van Pole († 1766). 1723 – Martin Melck, stamvader van die Melck-familie in Suid-Afrika († 1781). 1740 – Isabelle de Charrière, Nederlandse en Switserse skrywer († 1805). 1874 – Charles Edward Ives, Amerikaanse modernistiese komponis († 1954). 1920 – P.H. Nortjé, Afrikaanse storieverteller en skrywer († 2012). 1920 – Dr. Gert van der Linde, predikant van die Gereformeerde Kerk († 2001). 1928 – Li Peng, 'n Chinese politikus, bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmen-plein bloedbad († 2019). 1930 – Prof. Louis Eksteen, Afrikaanse leksikograaf († 2001). 1938 – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur, en rolprentvervaardiger († 2015). 1950 – Jorge Carlos Fonseca, President van die Kaap Verde. 1964 – Kamala Harris, Amerikaanse politikus, 49ste adjunkpresident van die Verenigde State van Amerika. 1965 – John Ratcliffe, Amerikaanse politikus en prokureur wat sedert 2025 as die negende direkteur van die Central Intelligence Agency (CIA) dien. 1966 – Allan Donald, Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1971 – Snoop Dogg, Amerikaanse kletsrymer. 1971 – Dannii Minogue, Australiese aktrise en sangeres. 1971 – Nico Smit, Afrikaanse wetenskapfiksieskrywer en staatsouditeur.
Sterftes 1032 – Pous Johannes XIX, 144ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1401 – Klaus Störtebeker, die leier van ’n groep kaapvaarders (* 1360). 1864 – Andrew Geddes Bain, Suid-Afrikaanse geoloog, ingenieur, en baanbreker-pasbouer (* 1796). 1872 – Friedrich Welwitsch, Oostenrykse ontdekkingsreisiger van Afrika en plantkundige (* 1806). 1894 – Aleksander III van Rusland, tsaar van Rusland (* 1845). 1898 – Henry Barkly, goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie (* 1815). 1972 – Harlow Shapley, Amerikaanse sterrekundige - bepaal in 1918 die Son se posisie in die Melkweg (* 1885). 1964 – Herbert Hoover, 31ste President van die Verenigde State (* 1874). 1994 – Burt Lancaster, Amerikaanse akteur (* 1913). 2011 – Moeammar al-Ghaddafi, de facto leier van Libië van 1969 tot 2011 (* 1942). 2016 – Mieke Telkamp, Nederlandse sangeres (* 1934). 2018 – Wim Kok, Nederlandse politikus (* 1938). 2020 – Gerrit Schoonhoven, Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger, regisseur en akteur (* 1958). 2020 – James Randi, Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus (* 1928).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Oktober