Apeldoorn is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Gelderland, geleë op die Veluwe tussen Amersfoort en Deventer. Die munisipale gebied het sowat 157 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 341 km². Die stad Apeldoorn het sowat 138 000 inwoners (2011).

Apeldoorn het 'n universiteit, die Teologiese Universiteit Apeldoorn van die Christelike Gereformeerde Kerke.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Apeldoorn (o.a.):<br/ > Apeldoorn (stad), Beekbergen, Hoenderloo,Gedeeltelik in Ede. Hoog Buurlo, Hoog Soeren, Loenen, Radio Kootwijk, Uddel en Ugchelen.

Verwysings

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Nedersettings in Gelderland Kategorie:Stede in Nederland