Rory Kockott (gebore in Oos-Londen, 25 Junie 1986) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Haaie in die Curriebeker en vir die Sharks in die Super 14 gespeel het. Hy speel sedert 2011 professionele rugby as srumskakel vir Castres Olympique in Frankryk.

Kockott kwalifiseer om vir die Franse nasionale rugbyspan te speel weens verblyf, nadat hy in die Europese herfs van 2014 reeds die verlangde drie jaar daar woon. Hy maak sy debuut vir Frankryk op 8 November 2014 as plaasvervanger in die 40–15 wen oor Fiji.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lions rugbyspelers