Mvezo is 'n klein dorpie wat op die oewers van die M'basherivier naby Mthatha, in die voormalige Transkei, Suid-Afrika geleë is.
Die wyle oud-President van Suid-Afrika, Nelson Mandela, is hier gebore, maar hy het op Qunu grootgeword nadat sy vader as die hoofman van Mvezo onttroon is en daarheen verhuis het.
Gebore Nelson Mandela (1918–2013), eerste staatshoof van 'n volledig-demokratiese Suid-Afrika.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap