Yehuda Amital, Hebreeus: יהודה עמיטל, gebore as Yehuda Klein, (Oradea, Roemenië, 31 Oktober 1924 – Jerusalem, 9 Julie 2010) was 'n Israelse Ortodoks-Judaïstiese rabbi en politikus.
Amital het die Sjoa oorleef en het in die Israelse Onafhanklikheidoorlog van 1948 geveg. Na die Sesdaagse Oorlog van 1967 het hy 'n jesjiwa (Torah-skool), die Yeshivat Har Etzion, wat op die Wesoewer by Betlehem geleë is, gestig. In 1988 het hy 'n politieke party begin, die linkse en religieus-sionistiese Meimad, waarvan hy die voorsitter was. Van 1995 tot 1996 was hy minister sonder portefeulje in 'n kabinet van eerste minister Shimon Peres. Dit is besonders dat hy ten spyte van sy ministerskap nie 'n lid van die Knesset was nie.
Eksterne skakels Yehuda Amital, webwerf van die Knesset.
Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Israelse rabbi's Kategorie:Roemeense Jode Kategorie:Mense in die Sjoa Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2010