Die Alster is 'n klein riviertjie in die noorde van Duitsland wat deur die deelstate Hamburg en Sleeswyk-Holstein loop. Die Alster ontspring in die stad Henstedt-Ulzburg in Sleeswyk-Holstein en mond na 56 kilometer in Hamburg in die Elbe uit.

Die rivier vorm in die hart van Hamburg die Alstermeer (Alstersee), 'n kunsmatige meer wat uit die Binne-Alster (Binnenalster) en die Buite-Alster (Außenalster) bestaan. duimnael|links|200px|Bron van die Alster

Kategorie:Hamburg Kategorie:Riviere in Duitsland Kategorie:Sleeswyk-Holstein