Die 2011-Drienasiesreeks was die sestiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 23 Julie tot 27 Augustus 2010 gespeel; korter as in 2010, omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die derde keer gewen. Buitendien het hulle die Mandela Uitdaagplaat ingepalm, terwyl Nieu-Seeland met sowel die Bledisloebeker as die Vryheidsbeker weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat duimnael|Die All Blacks se Losgemaal teen die Springbokke in Wellington Die formaat vir die 2011-toernooi het na dié van die vorige jare teruggekeer omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 3 0 1 92 79 +13 1 132 4 2 0 2 95 64 +31 2 103 4 1 0 3 54 98 −44 1 5
Wedstryddatums DatumDatumWeek 123 JulieWeek 413 AugustusWeek 230 JulieWeek 520 AugustusWeek 36 AugustusWeek 627 Augustus
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 2011
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Dan Carter 35 2 James O’Connor 28 3 Morné Steyn 26 4 Quade Cooper 14 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 John Smit 2 Cory Jane Zac Guildford Digby Ioane Ma’a Nonu
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
2011-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2011