Incubus is 'n Amerikaanse rockgroep uit Calabasas, Los Angeles County, Kalifornië. Die groep is in 1991 deur hoërskoolleerlinge Brandon Boyd (voorsanger), Mike Einziger (kitaarspeler) en Jose Pasillas (tromspeler) gevorm. Die groep het later uitgebrei deur baskitaarspeler Alex Katunich en Gavin Koppell in te sluit, wat later deur onderskeidelik baskitaarspeler Ben Kenney en DJ Kilmore vervang is.

Incubus is krities sowel as kommersieel suksesvol: hul verkope het al multiplatinumstatus bereik en hulle het al talle hoogs suksesvolle enkelspelers uitgereik. Die groep se kreatiewe vertakking het hulle in 1999 met die album Make Yourself hoofstroomerkenning besorg. 2001 word die groep geweldig suksesvol met die enkelspeler "Drive" en die daaropvolgende album Morning View. Hul album Light Grenades het in 2006 op #1 gedebuteer en het goudstatus in die VSA behaal. Incubus se eerste grootste treffers-album Monuments and Melodies is in Junie 2009 vrygestel in begeleiding van 'n musiektoer deur die VSA en Kanada.

Diskografie Fungus Amongus (1995) S.C.I.E.N.C.E. (1997) Make Yourself (1999) Morning View (2001) A Crow Left of the Murder... (2004) Light Grenades (2006)"Rolling Stone" . 16 Desember 2009 If Not Now, When? (2011) 8 (2017)

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe