Lizz Meiring (gebore 9 Desember 1961 in Pretoria) is 'n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TV-aanbieder, seremoniemeester, spreker, kunste-aktivis, kreatiewe konsultant en skrywer. Benewens in Afrikaanse produksies, tree sy gereeld in Engelse produksies op en het ook al in Frans, Duits en Sotho gewerk. Haar bynaam is Bizzie Lizzie omdat sy soms aan tot ses of meer produksies tegelyk werk. Sy het al 19 toekennings ontvang vir haar werk as aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger en vir haar kulturele bydrae.

Herkoms en kinderjare Elizabeth Henriette Meiring is in Pretoria gebore. Haar pa, prof. Lewis Meiring ((† 2011), was 'n chemiese patoloog en diagnostikus, asook deeltydse professor hierin aan die Universiteit van Pretoria. Haar ma, Villi'ere Meiring (née Esterhuisen) was onderwyseres in kunsgeskiedenis in Engels. Elizabeth, later professioneel bekend as Lizz, is die enigste dogter. Sy het 'n ouer broer, Karl Rocco Meiring, wat in die geesteswetenskaplike rigting werk, en 'n jonger broer, Rocco de Villiers Meiring, 'n biokinetikus.

Sy speel vanaf sesjarige ouderdom in produksies by die Laerskool Pretoria-Oos. Sy speel in 1974 as negejarige kind in die Universiteit van Pretoria se dramadepartement se produksie "Langenhovenjaar" en in die toneelstuk "Vrou van Suid-Afrika".

Opleiding Meiring het reeds vanaf haar eerstejaar as dramastudent in professionele teater- en televisieproduksies gewerk. Sy voltooi haar B.A. Drama (Honneurs) in 1983 aan die Universiteit van Pretoria. Sy doen oorklankings en radiowerk by die SAUK, sowel as aanbiedingswerk vir die Truk-balletgeselskap, en speel as dramastudent in TV-produksies by die SAUK en verhoogproduksies by Truk.

Loopbaan Sedert haar universiteitsjare het sy in meer as 342 verhoogproduksies, in 282 TV-produksies en rolprente opgetree en reeds vier reekse op verskeie TV-kanale aangebied. Sy het vier rolprentdraaiboeke geskryf.

As skrywer, regisseur en teatervervaardiger het Meiring 207 produksies geskep. Sy was ook een van die stigterslede en later voorsitter van die Independent Performance Trust, 'n onafhanklike kunsorganisasie bestaande uit 12 lede wat sowat 15 nuwe teaterproduksies geskep het.

Meiring het saam met die satirikus Pieter-Dirk Uys in die buiteland opgetree, en as akteur in TV-produksies in die Verenigde Koninkryk ("Message to Major" Thames Television).

Meiring het verskeie boeke vertaal of verwerk as verhoogproduksies of draaiboeke. Sy het in musiekvideo's vir Dozi, Snotkop en Rocco de Villiers gespeel en opnames vir CD's gemaak saam met Bill Flynn ("Dis 'n stryd"), Snotkop ("Snotkop" debuutalbum), Thys die Bosveldklong ("Looks is nie alles nie") en vir die rolprent Pretville. Vroeër was daar sangopnames vir langspeelplate gemaak vir die TV-reekse "Mof en Mat" en "Doffel, Babbel en Bekkie".

As kunsjoernalis skryf sy sedert 1999 meer as 500 profiel onderhoude met kunsmense vir 12 verskillende publikasies, onder meer Insig (tydskrif), De Kat, Rapport-Tydskrif, Sarie, Rooi Rose en "Kakkerlak" (letterkundetydskrif). As rubriekskrywer skryf sy 10 jaar lank 'n rubriek onder die naam "Bizzie Lizzie" vir Rooi Rose en vyf jaar lank die rubriek "Lizz se dinge" vir RSG.

Meiring is betrokke by die uitbou en bevordering van die visuele kunste en open dikwels kunstuitstallings van opkomende, sowel as bekende, gerekende Suid-Afrikaanse kunstenaars. Sy is dikwels die seremoniemeester by van die land se grootste kunskompetisies se prysuitdelings. Meiring is op 'n welwillendheidsbasis aktief betrokke by die loopbaanontwikkeling van jong akteurs, skrywers, vervaardigers en regisseurs. Sy is ook 'n bestuurslid van die Teaterbystandfonds, Lizz Meiring en Marion Holm oor die TBF. Maroela Media, 23 Oktober 2015. die uitvoerende kunste in Suid-Afrika se enigste hulpfonds.

Sy was die eerste Afrikaanssprekende gasredakteur van die tydskrif Kulula Mag, en die enigste Afrikaanssprekende wat gekies is om individueel die "DStv EXPLORA" loodsadvertensie te doen.

Haar onderhoud op RSG Geldsake met Ryk van Niekerk, is op die RSG 2020 Potgooi as die gewildste potgooi van 2020 aangewys.

Oeuvre Meiring se oeuvre sluit in:

Teaterproduksies Meiring het al in 346 teaterproduksies opgetree, onder meer: Macbeth - drama, as Lady Macbeth ( TRUK) 1985 Genis! Genis! - drama (Harlekyn produksies) 1985 The Monkey Walk – komedie (Colin Law Productions) 1985 Die Proponentjie – klug (TRUK) 1987 Die Graswewenaar – komedie (TRUK) Kopstukke – donker komedie/ drama seisoen 1, 2, 3, 4, 5. 1992–2012 If only we had arsenic/ Mens huil nie oor alles nie – solostuk – komedie seisoen 1-10- 1992–1995 As die Kat weg is – klug – seisoen 1&2 Die drie wense – kinderteater (TRUK) Daisy- die Gifblom – drama 1992 (DALRO POTPOURRI FEES) Boom! - solostuk – tragikomedie, seisoen – 1, 2, 3 An audience with an African Queen – politieke satire seisoen 1, 2, 3 An audience with Evita Bezuidenhout – politieke satire seisoen 1- 10 Die Keiser – as die Keiserin – drama Die Skandaal 1 &2 – komedie/ klug Die Van Aardes van Grootoor – komedie seisoen 1,2 Le Dindon/ Kalkoen se kind – komedie/ klug Sneeuwitjie – die pantomime Annerkant Blinkkant – solostuk, drama Vettie-Vettie – komedie El Grande de Coca Cola – komedie Doller as Kop af – komedie Every other inch a lady / Elke ander duim 'n dame - solostuk, komedie/ satire Lippetaal - solostuk, drama Desnieteenstaande - komedie/ klug Dubbel en Dwars - komedie/ klug Bizzie Lizzie – solostuk, tragikomedie Lippetaal - solostuk, drama - seisoen 1, 2, 3, 4, 5, 6 The Good Body -drama Paulus -drama Sing!- komedie/ satire seisoen 1-5 Knypie oppie Kant -komedie Die Vrou in die Maan -solostuk, drama Die Dinges is 'n Watsem -komedie Maak plek, Mevrou Markham -komedie Mackbeki -drama -2009 Lizziepacket – solostuk, tragikomedie Lounge Lizzie -solostuk, tragikomedie Verskrikkelik Snaaks -komedie seisoen 1, 2, 3, 4, 5 Grooot Grap -komedie seisoen 1, 2 , 3, 4 Speel -drama- 2013 Ping! -kabaret- seisoene 1-6 2012–2014 Doringrosie – die pantomime - Mona Lisa solostuk, drama-2013 Ben, Bapsie en familie- komedie -2013 Ben, Bapsie en familie maak moles -komedie 2014 Cheaper than Roses -solostuk, drama seisoen 1,2,3,4 – 2014 Twee vir die Prys van Een -komedie seisoen 1, 2, 3, 4 – 2015 Geheime Taal - solotuk - drama - 2017 Met Ander Woorde - solotuk - tragikomedie - 2018, 2019 Die Sjokolade Show -tragikomedie 2019 Glamour Sonder Fuss - geselskonsert -2019 Drie Susters - tragikomedie - 2018, 2019 Lizz 35 - solostuk - tragikomedie 2019 Die Weduwee se Sjampanje - 2020 Kameras, konserte en kleedkamers - solostuk - tragikomedie 2020

Televisieproduksies Meiring het al in 286 televisieproduksies opgetree, onder meer: Huis Lelieveld - KYKNET 2019, 2020 Ouboet en Wors KYKNET - 2017, 2018 Spoorloos - KYKNET - 2018 Munisipaliteit van Gwarra Gwarra, kykNET, 2014, 2015 Kyknet vir Tannie (kykNET) 2015 Molly en Wors, kykNET, 2009, 2011, 2012, 2013 Hester en Ester Bester, kykNET 2007, 2009 End Game (SABC) 2013 Pandjieswinkel Stories (kykNET) 2013 Takelani Sesame (SABC) 2007 Hart van Staal (kykNET)2004, 2005 Jozi Streets 1&2 (E-TV) 2003, 2004 Song vir Katryn (kykNET) 2002 Ietermago (kykNET) 2002 Jackpot (SAUK) Vetkoekpaleis (SAUK) Daisy (SAUK) Sleurstoom (SAUK) Triptiek 1 & 2 (SAUK) Manakwallaners 1& 2 (SAUK) Sleurstroom (SAUK) Ga bo se Gangwe (SABC 3) Whirlpool (SABC) Life begins at 40 (SABC) Message to Major (Thames Television) Evita's Christmas Special (MNET) Evita's Indaba 1&2 (MNET) Ballade vir 'n Enkeling (SAUK) Going Up ! (SABC) Kampus 1 & 2 (SAUK) Die Swart Kat (SAUK) Veebee (SAUK) Rosie (SAUK) Kwai Klub (SAUK) Agter Elke Man (SAUK) Rompelstompelstories (SAUK) Mof en Mat (SAUK) Doffel, Babbel en Bekkie (SAUK) Die Dansende Donkie (SAUK) Oom Kerneels vertel (SAUK) A new Concept in Packaging (SABC) 1984 Settlers (SAUK) -1980 Bensusan Museum of Photography (SAUK) (aanbieder) A word or two - seisoene 4 tot 10 (SAUK) (aanbieder) Lizzie se lipstick flieks -seisoene 1-4 (MNET) (aanbieder) Life's bizarre – seisoene 1&2 (SAUK) (aanbieder) 2000, 2001 Ons soek die Sanger (kykNET) (aanbieder) 2012 Take a Biscuit (SABC) aanbieder Van die Borstrok bevry (SAUK) Generations (SABC) 2004 Villa Rosa (kykNET) (ook tekskrywer, mederegie vir Kersfeesepisode) 2006 Font – (SABC) 2007 Wielie Walie (SAUK)

Rolprente Lizz het al in 28 rolprente opgetree: Skating on Thin Uys, 1984 Mêsh 1987 You Must Be Joking! Too, 1987 Sweet 'n Short, 1991 No Hero, 1992 Lipstiek Dipstiek, 1994 Soweto Green, 1995 Inside Out, 2000 A Case of Murder, 2004 Skilpoppe, 2005 (ook teksskrywer) Poena is Koning (rolprent), 2007 Vaatjie sien sy gat, 2008 Triomf, 2008 Stoute Boudjies, 2010 Pretville, 2012 as Lollie le Roux Molly en Wors – die movie, 2013 as Molly Visagie Harold (internasionaal bekroonde kortfilm) 2013 Lagmense (werkstitel) (ook teksskrywer) verfilm 2014 Trouvoete -2015 (ook teksredigeerder, mentorskrywer) Hoener met die Rooi Skoene - Koos Roets - hoofrol 2017 I am all Girls - (internationale rolprent) drama - 2018

Boeke Breek (eerste roman, medeskrywer Barrie Hough, jeugroman), 2002. Tafelberg Uitgewers Lizz se Speelgoed (drama en speeltekste – 6 boeke in die reeks), 2008. Sewe kleure Boeke Die beste van Bizzie Lizzie, 2010. Quellerie Amfiteater (bydraer – essay), 2009. Protea Boekhuis Ware Suid-Afrikaanse liefdesverhale (bydraer), 2008. Human & Rousseau True South African Love stories (bydraer), vertaalde weergawe, 2008. Human & Rousseau Blou Maandag (kortverhaal – bydraer), 2011. Tafelberg Uitgewers. In die Kollig – samesteller & redigeerden (bundel met dramatekste), 2013. LAPA In die Kollig. URL besoek op 22 Desember 2015. Soete Sonde - samensteller & redigeerder (bundel met kortluns) 2019 LAPA

Skryf, regie en vervaardiging Lizz het al 214 skryf, regie en vervaardiging projekte gedoen: Doringrosie/ Sleeping Beauty – pantomime (TRUK) (mederegisseur, teksvertaler, liriekskrywer) 1995 Rooikappie – Pantomime (TRUK) (Mederegisseur en medeskrywer, liriekskrywer) 1996 Griet Skryf 'n sprokie – drama – seisoen 1-3 (TRUK) (Mederegisseur) 1997 Die Skandaal 1 – klug -seisoen 1-7 (medeskrywer, medevervaardiger van IPT) Die Skandaal 2 – klug – seisoen 1-7 (medeskrywer, medevervaardiger van IPT) Brolloks en Bittergal – pantomime (KKNK Opdragwerk) (Mederegisseur en medeskrywer, liriekskrywer, medevervaardiger) 1998 The Little Prince/ Die Klein Prinsie – Bunraku marionetproduksie (TLMCT & Staatsteater, Franse Departement van kuns en kultuur) (Regisseur, teksskrywer) 1998 Die Spook van Donkergat – pantomime seisoen 1-6 (KKNK Opdragwerk) (Mederegisseur, medeskrywer, liriekskrywer, medevervaardiger) 1999 Rumpelstilskin/ Repelsteeltjie -konvensionele marionette produksie (TLMC & Staatsteater) (Regisseur en teksskrywer) 1999 Vlerkdans – jeugddrama seisoen 1-6 (TRUK – opdragwerk) (Regisseur en teksskrywer, medevervaardiger) 1999 The Rain Goddess – stokmarionetproduksie (TLMC & Deense Departement van kuns en kultuur – Opdragwerk) (Regisseur en teksskrywer) 2000 Skilpoppe – jeugdrama (Staatsteater opdragwerk) (Regisseur en teksskrywer, medevervaardiger) 2000 Generasie Gaap nie – kabaret/ musiekspel (Gigs Galaxy – Opdragwerk) (Samesteller, teksskrywer en regisseur) 2000 All this I know -the music of Brel and Piaf – musiekproduksie (CLA-opdragwerk) (Regisseur, samesteller, teksskrywer) 2000 Good love – musiekproduksie (The Sixth Sense – Opdragwerk) (Regisseur, samesteller, teksskrywer) 2001 Breek – jeugdrama (KKNK & Aardklop Opdragwerk) (Regisseur, teksskrywer, medevervaardiger) 2001 Real and Unplugged – kabaret (RAU ARTS – Opdragwerk) (Regisseur, teksskrywer) 2001 The Prophet – drama (Flying Pigs Company – Opdragwerk) (Regisseur) 2001 Sing – komedie -(KKNK) (Regisseur, vervaardiger) 2000, 2001 A Bedful of foreigners – komedie (UJ Arts – Opdragwerk) (Regisseur, teksverwerker) 2002