Hermias Cornelis (Worsie) Visser (3 September 1962 – 4 Mei 1998) was 'n bekende Afrikaanse sanger. Visser was bekend vir liedjies soos Lekker ou Jan, Ek en My Meisie, Boesmanland, Gee die Hond Wind en Osbraai op Kromdraai. Hy is op 35-jarige ouderdom in 'n vliegtuigongeluk by Saldanha oorlede.Medelye oor Worsie se dood stroom in van oor wêreld, Die Burger, 6 Mei 1998.Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau Ná sy dood het dit bekend geword dat sy stembande besig was om in te gee en dat sy sangloopbaan waarskynlik verby was.Nog g'n lig op Worsie se rampdood , Rapport, 20 September 1998

Visser se broer, Michiel, het die baskitaar in Worsie se Boesmanland-orkes gespeel. Hy het later self 'n paar CD's uitgereik, onder andere Kom kuier by my, Lekker Boesmanland, Hier's ek weer en Bitter snare.

Een van Worsie se kitaarspelers, Zirk Bergh, later 'n sanger uit eie reg, het homself en verskeie ander op 14 Desember 2013 om die lewe gebring.

Diskografie Die Boesmanland Bundel, 2009 Dis My Kontrei Vroeteltreffers Uit Boesmanland, 2004 Res Van Die Bes – Nog Meer Treffers Van Doerietyd Seun Van Bitterfontein Treffers Van Doerie Tyd Tot Nou, 2004 TRIO Ou Bokke En Groen Blare Gee Die Hond Wind Lekker Ou Jan, 1997 TRIO Pa Se Klong LP, 1991 VENUS/TRIO My Hart Is Daar LP, 1988 TRIO Gee Hom Gas Dis My Kontrei LP Die WP Bossanova / Dankie Is Maar Al 7, 1965 VENUS

Verwysings

Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Sterftes in 1998