Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van "Scab" vertolk het. Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.Who's Who SA , besoek op 14 Maart 2010.

Biografie Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.Suid-Afrikaanse akteurs , besoek op 14 Maart 2010. In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina.Hitte maak dat Izak se klere waai, Beeld, 1 April 2010 Hy is getroud met Mericke.Izak op Tribeca Colsulting Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is 'n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burgersdorp.

Diskografie Ken Jy My?, 2008 RAMKAT MUSIEK Verlore Harte, Universal, 2009 Vreesloos, EMI, 2011 Jy's my lewe

Filmografie Egoli, as Scab Uncle Max (TV-reeks), 2006 Survivor South Africa: Santa Carolina, 2010 Isidingo, as Bradley Haines Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as Reghart Venter Platteland, 2011 as Francois de Klerk Hoofmeisie, 2011 as homself

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse dansers Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1984