Tertius Willem Jacobus (Tolla) van der Merwe (Clanwilliam, 21 Augustus 1943 - naby Belfast, Mpumalanga, 7 Augustus 2000) was 'n Afrikaanse televisiepersoonlikheid, storieverteller en komediant. Hy was gereeld op SAUK2 se program Maak 'n Las te sien. Sy seun, Wicus van der Merwe, is self 'n noemenswaardige sanger.
Biografie Van der Merwe matrikuleer aan die Hoërskool Clanwilliam en verwerf ná skool 'n NT53-kwalifikasie. Hy trou met Marita Bouwer en hulle het vier kinders, Wicus, Anél, Bouwer en Cara. Hy sterf in 2000 in 'n motorongeluk.Tolla se loopbaan en lewe, Die Burger, 12 Augustus 2000.
Filmografie As akteur:
Tolla is tops, 1990 Tough luck (as Oom Koos Fouche), 1992 Yankee Zulu, 1993 Kaalgat tussen die daisies, 1997 Panic mechanic, 1997
Draaiboekskrywer: Tolla is tops, 1990
Diskografie Die beste uit (LP), 1985 Weskus Rep (LP), 1991 Rof Maar Nie Onbeskof, 1996 Ter Nagedagtenis Aan: Tolla van der Merwe, 1943-2000 Ons Sal Jou Nooit Vergeet Nie, 2000 Ek En Die Bobbejane, 2000 Se Heel Beste Stories, 2007 Bokkie, Kom Terug Tolla: Op Sy Beste: 1943 - 2000 Tolla van der Merwe se 36 Gewildste Stories Vol 2 Oeps! Tolla van der Merwe se 35 Gewildste Stories Jan & Tolla Tolla se Weskus Konsert (VHS)
Bibliografie van der Merwe (T.) TOLLA, Sit, ontspan, lees en lag, 95pp., geïllustreer, hardeband, Johannesburg, 2000.
Verdere naleeswerk Konsert van die Lewe, Tania du Toit, 300 bladsye (boek oor Tolla se lewe)
Sien ook Lys van bekende Suid-Afrikaners
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Sterftes in 2000