6 Julie is die 187ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (188ste in skrikkeljare). Daar volg nog 178 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1348 – Pous Clemens VI publiseer 'n bul waarin hy aanvoer dat mense wat die Jode verantwoordelik hou vir die pesepidemie (die Swart Dood), na die duiwel luister. 1353 – Pous Innocentius VI publiseer die bul Sollicitudo pastoralis oor die onwettigheid van die besluite van die konklaaf waartydens hy verkies is. 1439 – Die Oosterse en Westerse kerke tydelik verenig op die konsilie van Ferrara. 1495 – Die Heilige Liga verslaan die Franse koning Karel VIII van Frankryk by Fornovo. 1517 – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII) word vise-kanselier van die Rooms-Katolieke Kerk. 1541 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-priester van San Clemente. 1729 – Pous Benedictus XIII stel Francesco Borghese, titulêr aartsbiskop van Trajanopolis en Carlo Vincenzo Ferreri, O.P., biskop van Alessandria aan as kardinale. 1758 – Pous Clemens XIII volg Pous Benedictus XIV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1777 – Die Britse generaal John Burgoyne verower fort Ticonderoga in die Amerikaanse Vryheidsoorlog. 1885 – Louis Pasteur doen die eerste suksesvolle toets van sy vaksien teen hondsdolheid. 1928 – Die eerste vollengte film met spraak "Lights of New York" gaan in première in New York. 1957 – Althea Gibson wen die Wimbledon vroue-enkelspeltitel. 1964 – Malawi word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1975 – Die Comore-eilande ontvang sy onafhanklikheid van Frankryk. 1992 – Zimbabwe word 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR). 2016 – Pokémon Go, 'n toegevoegde werklikheidsgebaseerde slimfoonspeletjie, word deur Niantic en Nintendo in sekere lande vrygestel.
Geboortes 1747 – John Paul Jones, Amerikaanse seeheld, in Skotland. 1792 – Andries Stockenström, luitenant-goewerneur van die Oostelike Provinsie van die Kaapkolonie († 1864). 1796 – Nikolaas I van Rusland, tsaar van Rusland († 1855). 1832 – Maksimiliaan I van Meksiko († 1867). 1837 – Wladyslaw Zelenski, Poolse pianis en komponis († 1921). 1885 – Ernst Busch, Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1945). 1886 – Annette Kellermann, Australiese aktrise († 1975). 1916 – Audrey Blignault, Afrikaanse skrywer († 2008). 1921 – Nancy Reagan, Amerikaanse aktrise en Eerste Dame van die Verenigde State († 2016). 1923 – Margaret Phillips, Walliese aktrise († 1984). 1935 – Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama. 1937 – Vladimir Ashkenazy, Russiese pianis en dirigent. 1937 – Ned Beatty, Amerikaanse akteur († 2021). 1946 – George W. Bush, 43ste President van die Verenigde State. 1946 – Peter Singer, Australiese morele filosoof. 1964 – Yang Young-ja, Suid-Koreaanse vroue-tafeltennisspeler. 1972 – Isabelle Boulay, Kanadese sangeres. 1986 – Jacinta Ngobese-Zuma, aktivis en stigter van die burgerlike beweging March and March, 1989 – Demetri Catrakilis, Superrugbyspeler.
Sterftes 1415 – Jan Hus, Tsjeggiese kerkhervormer, sterf op die brandstapel (* ±1369). 1535 – Thomas More, Engelse renaissance-humanis, juris, filosoof en staatsman (* 1478). 1553 – Eduard VI, koning van Engeland (* 1537). 1623 – Pous Gregorius XV, die 234ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1554). 1772 – Karl Gottlob Sperbach, Duitse letterkundige en filoloog (* 1694). 1854 – Georg Simon Ohm, Duitse fisikus en wiskundige, bekend vir Ohm se wet (* 1787). 1893 – Guy de Maupassant, Franse skrywer en joernalis (* 1850). 1962 – William Faulkner, Amerikaanse skrywer (* 1897). 1971 – Louis Armstrong, Amerikaanse jazztrompetspeler en sanger (* 1901). 1973 – Otto Klemperer, Duitse dirigent (* 1885). 1999 – Joaquín Rodrigo, Spaanse komponis (* 1901). 2006 – Ds. Cillié Malan, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1919). 2019 – João Gilberto, Brasiliaanse kitaarspeler, sanger en komponis (* 1931). 2020 – Ennio Morricone, Italiaanse komponis, orkesdirigent en trompetspeler (* 1928). 2021 – Suzzanne Douglas, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1957). 2022 - James Caan, Amerikaanse akteur (* 1940).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Kategorie:Julie