5 Julie is die 186ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (187ste in skrikkeljare). Daar volg nog 179 dae in die res van die jaar.
Gebeure 633 – Pous Vitalianus ontmoet keiser Konstans II by die sesde mylpaal op pad na Rome. 1548 – Giacomo Boncompagni, buite-egtelike seun van Pous Gregorius XIII word gelegitimeer deur die biskop van Feltre. 1574 – Pous Gregorius XIII stel sy nefie Filippo Guastavillani aan as kardinaal. 1687 – Isaac Newton publiseer sy Philosophiae Naturalis Principia Mathematica. 1830 – Pous Pius VIII stel Louis-François-Auguste de Rohan Chabot, aartsbiskop van Besançon aan as kardinaal. 1859 – Kaptein N. C. Brooks ontdek die Midway-eilande en neem dit in besit namens die Verenigde State. 1865 – Die Amerikaanse Geheime Diens begin in die Tesourie om geldvervalsing te bestry. 1950 – Die wet van Terugkeer word in Israel aanvaar. 1971 – Die 26ste wysiging van die Amerikaanse grondwet gee stemreg aan alle burgers 18 jaar en ouer. 1975 – Kaap Verde word van Portugal onafhanklik. 1975 – Arthur Ashe verslaan Jimmy Conners in die 89ste Wimbledon tenniskampioenskap. 2018 – Litaue sluit by die OESO aan. 2026 – Australië wen die eindstryd van die tiende T20I-vrouewêreldbeker in Engeland met sewe paaltjies teen Engeland.
Geboortes 1810 – P. T. Barnum, Amerikaanse sakeman en sirkuskunstenaar († 1891). 1853 – Cecil John Rhodes, Britse imperialis en stigter van Rhodesië († 1902). 1857 – Clara Zetkin, Duitse Marxistiese aktivis en kampvegter vir vroueregte († 1933). 1872 – Édouard Herriot, Franse politikus († 1957) 1875 – Japie Hauptfleisch, Boerekryger († 1901). 1886 – Felix Timmermans, Vlaamse skrywer († 1947). 1886 – Willem Drees, Nederlandse eerste minister († 1988). 1889 – Jean Cocteau, Franse kunstenaar († 1963). 1904 – Ernst Mayr, Duitse bioloog († 2005). 1911 – Georges Pompidou, President van Frankryk († 1974). 1925 – Jean Raspail, Franse skrywer († 2020). 1933 – Lisa Janti, Amerikaanse aktrise († 2023). 1956 – Horacio Cartes, President van Paraguay. 1959 – Derrick America, Suid-Afrikaanse politikus. 1962 – Mandlenkosi Galo, Suid-Afrikaanse politikus. 1967 – Mustafa Al-Kadhimi, Irakse politikus, Eerste Minister van Irak tot 2022. 1975 – Hernán Crespo, sokkerspeler van Argentinië. 1976 – Johannes de Villiers, Suid-Afrikaanse skrywer. 1979 – Amélie Mauresmo, Franse tennisspeelster. 1980 – Eva Green, Franse aktrise. 1982 – Alberto Gilardino, Italiaanse sokkerspeler. 1987 – Irvette van Zyl, Suid-Afrikaanse langafstandatleet en wêreldkampioen oor 50 km. 1989 – Dejan Lovren, Kroatiese sokkerspeler.
Sterftes 1676 – Carl Gustav Wrangel, Sweedse soldaat (* 1613). 1833 – Nicéphore Niépce, Franse uitvinder (* 1765). 1908 – Jonas Lie, skrywer van Noorweë (* 1833). 1945 – John Curtin, Australiese joernalis en politikus, 14de Australiese Eerste Minister (* 1885). 1948 – Carole Landis, Amerikaanse aktrise (* 1919). 1969 – Walter Gropius, argitek van Duitsland (* 1883). 1969 – Wilhelm Backhaus, Duitse pianis en pedagoog (* 1884). 1975 – Otto Skorzeny, Duitse Waffen-SS spesiale operasies- kenner (* 1908). 1988 – P.J. Schoeman, Afrikaanse skrywer (* 1904). 2002 – Katy Jurado, Meksikaanse aktrise (* 1924). 2003 – N!xau, Namibiese rolprentakteur van The Gods Must Be Crazy (* ~1944). 2006 – Amzie Strickland, Amerikaanse aktrise (* 1919). 2012 – Gerrit Komrij, Nederlandse skrywer, digter en dramaturg (* 1944). 2015 – Hernus Kriel, oudminister van wet en orde in die kabinet van Suid-Afrika (* 1941). 2015 – Piet Malan, Springbokrugbyspeler (* 1919).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Julie