4 Julie is die 185ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (186ste in skrikkeljare). Daar volg nog 180 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1054 – Die Krap-newel, oorblyfsel van 'n supernova, vir die eerste keer waargeneem deur Chinese sterrekundiges. 1584 – Pous Gregorius XIII stel Andrǎs Barthóry, ambassadeur van Pole aan as kardinaal. 1776 – Die Amerikaanse onafhankliheidsverklaring word aanvaar. 1845 – Henry Davis Thoreau vestig hom by Walden Pond. 1859 – Die Oostenrykers verloor die slag van Magenta. Die Kerklike Staat kom onder die bewind van Victor Emmanuel II. 1879 – Die Slag van Ulundi vind plaas tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog. 1865 – Lewis Carroll publiseer "Alice's Adventures in Wonderland". 1884 – Frankryk gee die Vryheidstandbeeld ('Statue of Liberty') aan die VSA. 1946 – Die Filippyne word onafhanklik van die VSA. 1976 – Operasie Entebbe: Israeliese kommando's oorval Uganda se Entebbe-lughawe om gyselaars te bevry wat deur militante van die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Rote Armee Fraktion aangehou is.

Geboortes 1694 – Louis-Claude Daquin, Franse komponis van Joodse afkoms († 1772). 1799 – Oscar I van Swede, van 8 Maart 1844 tot met sy dood koning van Swede en Noorweë († 1859). 1845 – Jan Hendrik Hofmeyr, Afrikaanse leier en joernalis († 1909). 1872 – Calvin Coolidge, 30ste President van die Verenigde State († 1933). 1899 – Albert Hertzog, Suid-Afrikaanse politikus († 1982). 1910 – Gloria Stuart, Amerikaanse aktrise († 2010). 1922 – Kristo Pienaar, Suid-Afrikaanse plantkundige, skrywer, akteur en TV-aanbieder († 1996). 1924 – Eva Marie Saint, Amerikaanse aktrise. 1926 – Amos Elon, Israelse skrywer en joernalis († 2009). 1927 – Gina Lollobrigida, Italiaanse aktrise en fotojoernalis († 2023). 1945 – Erik Holm, Suid-Afrikaanse entomoloog en insekillustreerder. 1945 – Bruce French, Amerikaanse akteur († 2025). 1948 – René Arnoux, Franse Formule Eenrenjaer. 1949 – Horst Seehofer, Duitse politikus. 1958 – Deon Meyer, bekroonde Afrikaanse spanningsverhaalskrywer. 1977 – Allan Kierstein Jepsen, Deense sokkerspeler.

Sterftes 966 – Pous Benedictus V, die 132ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in ballingskap in Hamburg, Duitsland (* onbekend). 1623 – William Byrd, Engelse komponis (* 1540). 1826 – Thomas Jefferson, 3de President van die Verenigde State (* 1743). 1826 – John Adams, 2de president van die VSA (* 1735). 1831 – James Monroe, 5de president van die VSA (* 1758). 1939 – Louis Wain, Engelse skilder, wat veral bekend is vir sy skilderye en tekeninge van vermenslikte katte en katjies (* 1860). 1848 – François-René de Chateaubriand, Franse skrywer, historikus en politikus (* 1768). 1934 – Marie Curie, Poolse wetenskaplike en ontvanger van die Nobelprys vir Chemie, 1911 en Fisika, 1903 (* 1867). 1958 – Adolf Herckenrath, Vlaamse digter, dramaturg, uitgewer en boekhandelaar (* 1879). 1975 – Hugues C. Pernath, Vlaamse skrywer (* 1931). 1976 – Jonatan Netanyahu, Israeliese kolonel en oorlogsheld (* 1946). 1988 – Adrian Adonis, Amerikaanse stoeier (* 1954). 1992 – Astor Piazzolla, Argentynse bandoneonspeler en komponis(* 1921). 1995 – Eva Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise en sosiale vlinder (* 1919). 2006 – Frans Claerhout, Belgies gebore Suid-Afrikaanse skilder (* 1919). 2008 – Evelyn Keyes, Amerikaanse aktrise (* 1916). 2012 – Amie Venter, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1937). 2012 – Eric Sykes, Britse akteur en komediant (* 1923). 2022 – Remco Campert, Nederlandse skrywer, digter en rubriekskrywer (* 1929). 2023 – Jenő Jandó, Hongaarse pianis en professor (* 1952).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Verenigde State – Onafhanklikheidsdag (sedert 1777).

Kategorie:Julie