3 Julie is die 184ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (185ste in skrikkeljare). Daar volg nog 181 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1437 – Die konsilie van Basel publiseer die “monitum” wat die magte van Pous Eugenius IV probeer beperk. 1478 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Mende. 1608 – Samuel de Champlain stig Quebec, Kanada. 1747 – Pous Benedictus XIV stel Henry Benedict Mary Clement Stuart van York aan as kardinaal. 1826 – Bartolomeo Alberto Cappellari (later Pous Gregorius XVI) word kardinaal-priester van S. Callisto. 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Einde van die Slag van Gettysburg en oorwinning vir die Noordelike Magte. 1886 – Carl Benz onderneem 'n proefrit met sy eerste motor in Mannheim. 1890 – Idaho word die 43ste deelstaat van die Verenigde State. 1919 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Naupactus en nuntius in Pole. 1938 – 'n LNER-Klas A4-lokomotief stel 'n wêreldrekord op vir stoomlokomotiewe van 126 m.p.h. 1962 – Algerië word onafhanklik van Frankryk. 1988 – Die Amerikaanse Vloot skiet vlug vlug 655 van Iran Air af.

Geboortes 321 – Valentinianus I, keiser van die Wes-Romeinse Ryk († 375). 1626 – Abadin Tadia Tjoessoep, Indonesiese Moslem van adellike afkoms wat Islam in die Kaap gevestig het († 1699). 1854 – Leoš Janáček, Tsjeggiese komponis, musiekteoretikus en folkloris († 1928). 1878 – George M. Cohan, Amerikaanse liedjieskrywer, akteur, sanger en danser († 1942). 1879 – Alfred Korzybski, Pools-Amerikaanse filosoof († 1950). 1883 – Franz Kafka, een van die grootste fiksieskrywers van die 20ste eeu († 1924). 1886 – Raymond A. Spruance, Amerikaanse admiraal en diplomaat († 1969). 1889 – Richard Cramer, Amerikaanse akteur († 1960). 1896 – Doris Lloyd, Engelse aktrise († 1968). 1897 – L.W. Hiemstra, Suid-Afrikaanse taalkundige († 1978). 1906 – George Sanders, Russiesgebore Britse akteur († 1972). 1921 – Susan Peters, Amerikaanse aktrise († 1952). 1935 – Harrison Schmitt, Amerikaanse geoloog en ruimtevaarder. 1937 – Tom Stoppard, Tsjeggiesgebore Engelse skrywer. 1937 – Linda Rode, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en samesteller van kinderliteratuur. 1940 – Jerzy Buzek, Poolse politikus, 9de Eerste Minister van Pole. 1943 – Gary Waldhorn, Britse akteur. 1943 – Kurtwood Smith, Amerikaanse akteur. 1952 – Laura Branigan, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer († 2004). 1952 – Gerhard Koornhof, ANC-lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. 1952 – Peter Mathebula, Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen († 2020). 1952 – Laura Branigan, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer († 2004). 1962 – Tom Cruise, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1964 – Yeardley Smith, Amerikaanse aktrise, komediant en skrywer. 1970 – Arlene Foster, Noord-Ierse politikus. 1970 – Audra McDonald, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1971 – Julian Assange, Australiese joernalis, uitgewer en aktivis, stigter van WikiLeaks. 1976 – Bob Skinstad, Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein. 1976 – Fei-Fei Li, Chinees-Amerikaanse rekenaarwetenskaplike bekend vir haar baanbrekerswerk in kunsmatige intelligensie (KI). 1980 – Roland Schoeman, Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer. 1981 − Ilse De Vis, Vlaamse aktrise en televisieomroeper. 1987 – Sebastian Vettel, Duitse Formule Een-renjaer, viermalige wêreldkampioen. 1994 – Ben Winchell, Amerikaanse akteur.

Sterftes 683 – Pous Leo II, 80ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 611). 1872 – Ferdinand Augustijn Snellaert, Vlaamse skrywer.(* 1809). 1904 – Theodor Herzl, Joods-Oostenrykse joernalis, uitgewer en stigter van die Sionisme (* 1860). 1948 – J.F.W. Grosskopf, Afrikaanse skrywer (* 1885). 1969 – Brian Jones, Britse multi-instrumentalis, stigterslid van The Rolling Stones (* 1942). 1971 – Jim Morrison, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, digter en akteur (The Doors en Rick & The Ravens) (* 1943). 1981 – Ross Martin, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1920). 1986 – Rudy Vallée, Amerikaanse akteur en sanger (* 1901). 1989 – Jim Backus, Amerikaanse akteur en stemkunstenaar (* 1913). 2012 – Andy Griffith, Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger (* 1926). 2015 – Fredi Nest, Afrikaanse sanger (* 1959). 2015 – Diana Douglas, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1923). 2022 – Barry Ronge, Suid-Afrikaanse joernalis, rubriekskrywer, skrywer, omroeper, filmresensent en humoris (* 1948). 2025 – David Mabuza, ANC-politikus en agtste adjunkpresident van Suid-Afrika (* 1960).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Leo II in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Julie