2 Julie is die 183ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (184ste in skrikkeljare). Daar volg nog 182 dae in die res van die jaar.
Gebeure 310 of 311 – Pous Miltiades volg Pous Eusebius op. 1519 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop gewy. 1664 – Slag van Marston Moor: Die koningsgesindes verloor teen die magte van die parlement. 1679 – Pous Innocentius XI verklaar Turibius van Mogroveio salig. 1776 – Nadat hy die heel nag gereis het, kom Caesar Rodney net betyds aan om die beslissende stem te gee vir die aanvaarding van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring. 1832 – Pous Gregorius XVI stel Giuseppe Maria Velzi, O.P., meester van die Apostoliese Paleis en Mario Mattei, tesourier-generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale. 1839 – Opstand op die slawe-skip Amistad. 1865 – William Booth stig die Heilsleër. 1881 – Die Amerikaanse president James Garfield word geskiet. Hy sterf op 19 September 1881. 1900 – Die eerste Zeppelin vlieg oor die Bodenmeer naby Friedrichshafen, Duitsland. 1932 – Die term New Deal word deur president Franklin D. Roosevelt vir die eerste keer gebruik. 1937 – Amelia Earhart en navigator Fred Noonan verdwyn oor die Stille Oseaan. 1964 – President Lyndon B. Johnson teken die Civil Rights Bill. 1976 – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam tot Viëtnam. Saigon word tot Ho Chi Minh-stad hernoem. 1979 – Die Susan B. Anthony-dollarmunt word uitgereik.
Geboortes 1714 – Christofh Willibald Gluck, hervormer van die opera († 1787). 1867 – A.A.S. le Fleur, visioenêre Griekwaleier († 1941). 1877 – Hermann Hesse, Switserse skrywer en Nobelprys-wenner in 1946 († 1962), 1906 – Hans Bethe, Duits-Amerikaanse kernfisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Fisika († 2005). 1908 – Helga Uys, Duits-gebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys († 1969). 1916 – Hans-Ulrich Rudel, Duitse kolonel en meesgedekoreerde bobaasvlieënier († 1982). 1922 – Pierre Cardin, beroemde Franse modeontwerper († 2020). 1923 – Wisława Szymborska, Poolse digteres en Nobelpryswenner († 1996). 1925 – Patrice Lumumba, eerste premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, gebore in Onalua, DRK († 1961). 1927 – Brock Peters, Amerikaanse akteur († 2005). 1929 – Esmé Berman, Suid-Afrikaanse outeur, lektor, navorser, uitsaaier, historikus en kunskonsultant († 2017). 1929 – Imelda Marcos, eggenote van voormalige president van die Filippyne, Ferdinand Marcos. 1931 – Frank Williams, Amerikaanse akteur en skrywer († 2022). 1936 – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger († 1999). 1937 – Polly Holliday, Amerikaanse aktrise. 1942 – Vicente Fox, Meksikaanse politikus. 1945 – Harriet Hall, Amerikaanse huisdokter († 2023). 1947 – Larry David, Amerikaanse skrywer en akteur. 1947 – George Weideman, Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg († 2008). 1955 – Piet Crous, Suid-Afrikaanse bokser en wêreldkruisergewigbokskampioen. 1962 – Wei Qingguang, Chinese tafeltennisspeler, later in Japan bekend onder die naam Seiko Iseki. 1975 – Stefan Terblanche, Springbokrugbyspeler. 1983 – Michelle Branch, Amerikaanse sangeres-liedjieskrywer. 1985 – Ashley Tisdale, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1986 – Lindsay Lohan, Amerikaanse aktrise. 1990 – Margot Robbie, Australiese aktrise en vervaardiger.
Sterftes 1566 – Nostradamus, astroloog en wiskundige (* 1503). 1778 – Jean-Jacques Rousseau, Switserse filosoof (* 1712). 1936 – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus (* 1855). 1937 – Amelia Earhart, lugvaartpionier van die Verenigde State (* 1897). 1961 – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer (* 1899). 1967 – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus (* 1897). 1973 – Betty Grable, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres (* 1916). 1977 – Gert Potgieter, Suid-Afrikaanse opera-tenoor en akteur (* 1929). 1977 – Vladimir Nabokov, Russiese skrywer (* 1899). 1997 – James Stewart, Amerikaanse akteur (* 1908). 2008 – Joe Nhlanhla, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1936). 2013 – Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaarmuis (* 1925). 2016 – Elie Wiesel, Roemeens-gebore Amerikaanse Jood, skrywer, professor, politieke aktivis, Nobelprysontvanger en Holocaust oorlewende (* 1928). 2021 – Yoti die Griekse Boertjie, Suid-Afrikaanse sanger van Griekse afkoms (* onbekend).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Kategorie:Julie