Die 2007-Drienasiesreeks was die twaalfde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 16 Junie tot 21 Julie oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Dit is vroeër en korter as in 2006 gehou omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Nieu-Seeland het die toernooi vir die agtste keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Tony Woodcock van Nieu-Seeland en Matt Giteau van Australië het elk twee drieë gedruk.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Die formaat vir die 2007-toernooi het na dié van die vorige jare teruggekeer omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 3 0 1 100 59 +41 1 132 4 2 0 2 76 80 –4 1 93 4 1 0 3 66 103 –37 1 5
Wedstryddatums DatumDatumWeek 116 JunieWeek 47 JulieWeek 223 JunieWeek 514 JulieWeek 330 JunieWeek 621 Julie
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 2007
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Dan Carter 62 2 Stirling Mortlock 39 3 Percy Montgomery 19 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Matt Giteau 2 Tony Woodcock
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2007-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2007