Die 2005-Drienasiesreeks was die tiende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 30 Julie tot 3 September oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die sesde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat duimnael|Eindstryd tussen die All Blacks en Wallabies op Edenpark Die formaat vir die 2005-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 3 0 1 111 86 +25 3 152 4 3 0 1 93 82 +11 1 133 4 0 0 4 72 108 –36 3 3
Wedstryddatums DatumDatumWeek 130 JulieWeek 420 AugustusWeek 26 AugustusWeek 527 AugustusWeek 313 AugustusWeek 63 September
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 2005
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Percy Montgomery 52 2 Dan Carter 24 3 Matt Giteau 21 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Bryan Habana 3 Doug Howlett Joe Rokocoko
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
2005-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2005