Die 2001-Drienasiesreeks was die sesde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 21 Julie tot 1 September oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Australië het die toernooi vir die tweede keer gewen en sodoende hul titel suksesvol verdedig. Buitendien het Australië die Bledisloebeker vir die vierde agtereenvolgende keer behou, nadat hulle die All Blacks in albei wedstryde geklop het.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.

Formaat Die formaat vir die 2001-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 2 1 1 81 75 +6 1 112 4 2 0 2 79 70 +9 1 93 4 1 1 2 52 67 –15 0 6

Wedstryddatums DatumDatumWeek 121 JulieWeek 418 AugustusWeek 228 JulieWeek 525 AugustusWeek 311 AugustusWeek 61 September

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6

Drienasiesreekskampioen 2001

Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Matt Burke 53 2 Braam van Straaten 39 3 Andrew Mehrtens 30 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Pita Alatini 2

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels 2001-Drienasiesreeks op ESPNscrum

Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2001