Die 1999-Drienasiesreeks was die vierde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 10 Julie tot 28 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die derde keer gewen nadat hulle drie wedstryde gewen het. Buitendien het Australië die Bledisloebeker behou, wat hulle die vorige jaar gewen het, nadat die All Blacks en die Wallabies elkeen een wedstryd gewen het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Die formaat vir die 1999-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 3 0 1 103 61 +42 0 122 4 2 0 2 84 57 +27 2 103 4 1 0 3 34 103 –69 0 4
Wedstryddatums DatumDatumWeek 110 JulieWeek 47 AugustusWeek 217 JulieWeek 514 AugustusWeek 324 JulieWeek 628 Augustus
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 1999
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Andrew Mehrtens 69 2 Matt Burke 45 3 Christian Cullen 15 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Christian Cullen 3 2 Justin Marshall 2 Joe Roff
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 1999-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 1999