Die 1996-Drienasiesreeks was die eerste keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 6 Julie tot 10 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi gewen nadat hulle al die vier wedstryde gewen het. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 4 0 0 119 60 +59 1 172 4 1 0 3 70 84 –14 2 63 4 1 0 3 71 116 –45 2 6
Wedstryddatums DatumDatumWeek 16 JulieWeek 427 JulieWeek 213 JulieWeek 53 AugustusWeek 320 JulieWeek 610 Augustus
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 1996
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Andrew Mehrtens 69 2 Matt Burke 40 3 Joel Stransky 39 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Justin Marshall 2
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 1996-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 1996