Die 2004-Drienasiesreeks was die negende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 17 Julie tot 21 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die tweede keer gewen. Buitendien het hulle die eerste Vryheidsbeker ingepalm, terwyl Nieu-Seeland die Bledisloebeker verdedig het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Die formaat vir die 2004-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 2 0 2 110 98 +12 3 112 4 2 0 2 79 83 –4 2 103 4 2 0 2 83 91 –8 1 9
Wedstryddatums DatumDatumWeek 117 JulieWeek 47 AugustusWeek 224 JulieWeek 514 AugustusWeek 331 JulieWeek 621 Augustus
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 2004
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Percy Montgomery 45 2 Dan Carter 38 3 Matt Giteau 26 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Jean de Villiers 3 Marius Joubert Lote Tuqiri
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2004-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2004