Die 2002-Drienasiesreeks was die sewende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 13 Julie tot 17 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nietemin het Australië die Bledisloebeker vir die vierde agtereenvolgende keer behou, nadat die All Blacks en die Wallabies elkeen een wedstryd gewen het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Die formaat vir die 2002-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 3 0 1 97 65 +32 3 152 4 2 0 2 91 86 +5 3 113 4 1 0 3 103 140 –37 3 7
Wedstryddatums DatumDatumWeek 113 JulieWeek 43 AugustusWeek 220 JulieWeek 510 AugustusWeek 327 JulieWeek 617 Augustus
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 2002
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Andrew Mehrtens 47 2 Matt Burke 40 3 André Pretorius 27 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Marius Joubert 3
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2002-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2002