Die 2003-Drienasiesreeks was die agtste keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 12 Julie tot 16 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die vyfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Die formaat vir die 2003-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 4 0 0 142 65 +77 2 182 4 1 0 3 89 106 –17 2 63 4 1 0 3 62 122 –60 0 4
Wedstryddatums DatumDatumWeek 112 JulieWeek 42 AugustusWeek 219 JulieWeek 59 AugustusWeek 326 JulieWeek 616 Augustus
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 2003
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Carlos Spencer 60 2 Louis Koen 31 3 Elton Flatley 30 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Joe Rokocoko 6 2 Doug Howlett 5
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2003-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2003