Die 2006-Drienasiesreeks was die elfde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 8 Julie tot 9 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die sewende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en vir die eerste keer die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Lote Tuqiri van Australië, asook Fourie du Preez en Jaque Fourie van Suid-Afrika het elk drie drieë gedruk.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.

Formaat duimnael|Victor Matfield wen die bal in 'n lynstaan teen die All Blacks in Wellington Die formaat vir die 2006-toernooi was ietwat anders as dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 5 0 1 179 112 +67 3 232 6 2 0 4 133 121 +12 3 113 6 2 0 4 106 185 –79 1 9

Wedstryddatums DatumDatumDatumWeek 18 JulieWeek 429 JulieWeek 726 AugustusWeek 215 JulieWeek 55 AugustusWeek 82 SeptemberWeek 322 JulieWeek 619 AugustusWeek 99 September

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6

Week 7

Week 8

Week 9

Drienasiesreekskampioen 2006

Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Dan Carter 99 2 Stirling Mortlock 60 3 André Pretorius 27 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Fourie du Preez 3 Jaque Fourie Lote Tuqiri

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

2006-Drienasiesreeks op ESPNscrum

Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2006