Die 2008-Drienasiesreeks was die 13de keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 5 Julie tot 13 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die negende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Jongi Nokwe van Suid-Afrika het die meeste drieë gedruk (4).

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.

Formaat Die formaat vir die 2008-toernooi was ietwat anders as dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 4 0 2 152 106 +46 3 192 6 3 0 3 119 163 –44 2 143 6 2 0 4 115 117 –2 2 10

Wedstryddatums DatumDatumDatumWeek 15 JulieWeek 426 JulieWeek 723 AugustusWeek 212 JulieWeek 52 AugustusWeek 830 AugustusWeek 319 JulieWeek 616 AugustusWeek 913 September

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6

Week 7

Week 8

Week 9

Drienasiesreekskampioen 2008

Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Dan Carter 82 2 Matt Giteau 46 3 Butch James 27 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Jongi Nokwe 4 2 Adrian Jacobs 3 Tony Woodcock

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

2008-Drienasiesreeks op ESPNscrum

Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2008