Jan van Aken (Herwen en Aerdt, 9 Augustus 1961) is 'n Nederlandse skrywer. Hy was werksaam op kulturele gebied en in outomatisering. Hy het van 2003 tot 2018 klasgegee aan die Schrijversvakschool in Amsterdam.
Hy het die volgende geskiedkundige romans geskryf: Het oog van de basilisk (2000) De valse dageraad (2001) De dwaas van Palmyra (2003) Het fluwelen labyrint (2005) Koning voor een dag (2008) De afvallige (2013) De ommegang (2018) (in 2025 in Afrikaans vertaal deur Dan Roodt as Die ommegang).
Die skrywer se eerste drie boeke speel af voor die vroeë moderne tydperk. Het oog van de basilisk se protagonis is Epifanius Rusticus in die nasleep van die Romeinse Ryk, terwyl De valse dageraar handel oor Hroswith van Wikala in die Middeleeue, gedurende die eerste millennium. Die derde roman, De dwaas van Palmyra, speel af in die 1ste eeu en beskryf die reise van die filosoof Apollonios van Tyana na Indië, soos later gesien deur die oë van sy student, Damis.
Het fluwelen labyrint speel af in Amsterdam gedurende die 1980's. In Koning voor een dag is die protagonis die historiese digter Hipponax, wat gedurende die 6de eeu in Ionië gewoon het. Hipponax was bekend vir sy skerp tong en sy growwe taal. Vir hierdie boek het Van Aken beide oorspronklike fragmente van Hipponax sowel as fiktiewe Hipponax-gedigte wat hy self geskep het, gebruik.
Van Aken se De afvallige speel af gedurende die tyd van Julianus die afvallige, gesien deur die oë van 'n groep seuns wat aan 'n Christelike sekte behoort en by 'n sluipmoordkomplot betrokke raak. Hierdie grootse roman dek die tydperk tussen 350 en 392 n.C.
Van Aken se werk is voorheen gepubliseer in die tydskrifte Optima en Nieuw Wereldtijdschrift. Sy tweede roman is benoem vir die Seghers Literatuurprijs. De afvallige was op die langlys vir beide die AKO- en Libris-literatuurpryse.
Verwysings "Jan van Aken." Letterenfonds. N.p., n.d. Web. 09 Nov. 2015.
Eksterne skakels Biografie, werke en tekste by die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde (dbnl) Artikel deur Johann Rossouw oor Dan Roodt se vertaling van Van Aken se Die ommegang by Litnet
Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Nederlandse skrywers