Die Morgenstonddam is in die Ngwempisirivier in Mpumalanga.
Ligging Die dam is naby Amsterdam, suid van die R65-pad en by die koördinate .
Gebruik Hierdie staatswaterskema dateer uit 1978 en is in 1991 ingrypend vernuwe. Dit verskaf water vir huishoudelike en nywerheidsgebruik. Met behulp van pompe word water deur ‘n pyplyn van 8 km na die Jerichodam vervoer. Die dam word ook vir watersport en hengel gebruik. Rondom die dam is ‘n natuurreservaat ontwikkel.
Dam Met ‘n walhoogte van ±45 m en ‘n wallengte van 929 m skep dit ‘n bakmaat van nagenoeg 100 miljoen m³ en ‘n meer met ‘n maksimum oppervlakte van amper 10 km². Die opvangsgebied is 548 km².
Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bibliografie https://grokipedia.com/page/morgenstond_dam https://www.researchgate.net/figure/Transfer-routes-of-the-pipelines-from-Morgenstond-Dam-to-Jericho-Dam-not-to-scale_fig13_347257066
Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Damme van Suid-Afrika