Vladimir is 'n Amerikaanse komediedrama vir televisie met Rachel Weisz en Leo Woodall. Dit is 'n verwerking van die boek met dieselfde naam deur Julia May Jonas. Die reeks is op 5 Maart 2026 op Netflix begin stroom.

Rolverdeling

Hoofakteurs Rachel Weisz as M Leo Woodall as Vladimir, 'n assistentprofessor wat kort tevore in die Engelsdepartement aangestel is Jessica Henwick as Cynthia, Vladimir se vrou en 'n adjunkprofessor Ellen Robertson as Sid, M en John se 27-jarige dogter en 'n prokureur in New York John Slattery as John, M se man en die hoof van die Engelsdepartement wat tydelik geskors is omdat hy met studente geslaap het

Ander Matt Walsh as David, die tussentydse hoof van die Engelsdepartement Miriam Silverman as Florence, M se vriendin/vyand by die universiteit Tattiawna Jones as Alexis, Sid se 35-jarige vriendin

Ontvangs Op Rotten Tomatoes was 66% van die 29 resensies positief. Die webtuiste se konsensus lui: “Vladimir is 'n belowende erotiese en akademiese onderneming wat met geïnspireerde ywer bo die geykte nonsens van tipiese sekskomedies uitstyg, met akteurs wat besprekings oor begeerte opwindend, intellektueel en aangrypend maak.” Op Metacritic het dit 'n punt van 65 uit 100 gekry, gebaseer op 18 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse televisiereekse