Die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit is een van die agt metropolitaanse munisipaliteite in Suid-Afrika.

Die naam is gekies om die eertydse president Nelson Mandela te vereer, ten spyte van die feit dat daar nie 'n geografiese kenmerk in die gebied met hierdie naam is nie.

Hoofgebiede Die sensus van 2001 verdeel die munisipaliteit in die volgende gebiede:Lookup Tables – Statistics South Africa Plek Kode Area (km2) Bevolking Dominante taal Beachview 275010.78500Afrikaans Bethelsdorp 2750277.64134,617Afrikaans Blue Horizon Bay 275032.74409Afrikaans Cannonvale 275040.69196Afrikaans Colchester 275051.28743Afrikaans Despatch 2750638.7525,086Afrikaans Gqeberha 275071.9016,686Xhosa Ibhayi 2750823.69255,826Xhosa Kabah 275091.683,282Afrikaans Khaya Mnandi 275100.825,379Xhosa Kwa Langa 275110.708,196Xhosa Kwadwesi 275125.1017,733Xhosa KwaNobuhle 2751315.3487,585Xhosa Motherwell 2751429.52117,319Xhosa Port Elizabeth 27516335.30237,500Afrikaans Seaview 275171.60732Engels Uitenhage 2751884.7771,666Afrikaans Woodridge 275190.56270Xhosa Young Park 275200.52762Afrikaans Res van die munisipaliteit 275151,328.7721,281Xhosa

Munisipale verkiesings Ná die munisipale verkiesing van 2011 het die ANC 63 uit die 120 setels in die raad beheer. Die Demokratiese Alliansie was die amptelike opposisie met 48, terwyl COPE ses en die ACDP, PAC en UDM een setel elk het. In dié verkiesing het die ANC 377 138 stemme op hom verenig, vergeleke met die DA se 291 571, uit 'n totaal van 723 740. Die ANC het 34 wyke gewen en die DA 26, die enigste twee partye wat wyke kon wen.

Ná munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 het die Demokratiese Alliansie as die grootste party uit die stryd getree, hoewel hy met 355 471 van die 753 895 uitgebragte stemme nie 'n volstrekte meerderheid kon behaal nie. Die ANC het 311 416 stemme gekry, terwyl die EFF die derde grootste party met 38 951 stemme was. Dié uitslag het aan die DA 57 setels besorg, aan die ANC 50 en aan die EFF vyf in 'n raad met 120 setels. Drie tradisionele alliansievennote van die DA – die UDM (2), ACDP (1) en COPE (1) – kon saam sorg vir 'n totaal van 61 setels, vergeleke met die ander partye se 59. Hierdie keer kon die ANC 36 wyke wen, die DA 23 en die EFF een, nadat die ANC-kandidaat onttrek het. Athol Trollip is op 18 Augustus 2016 onbestrede as burgemeester gekies nadat die ANC nie aan die stemmery wou deelneem nie en die DA 'n ooreenkoms met die UDM en ACDP aangegaan het. Mongameli Bobani (UDM) is as onderburgemeester gekies en Jonathan Lawack (DA) as speaker. Trollip en Lawack is op 27 Augustus 2018 uit hul poste verwyder en met onderskeidelik Bobani en Buyelwa Mafaya (ANC) vervang. Bobani is op 5 Desember 2019 self uit die amp verwyder, nadat hy vroeër vyf mosies van wantroue oorstaan het. Op 4 Desember 2020 is Nqaba Bhanga van die Demokratiese Alliansie as nuwe burgemeester verkies.

Ná die munisipale verkiesing van 2021 het die ANC en die Demokratiese Alliansie beide 48 setels beheer, en Eugene Johnson van die ANC is op 22 November 2021 as burgemeester ingehuldig.

Tydens 'n raadsvergadering op 21 September 2022, is me. Johnson uitgestem as burgemeester en opgevolg deur die DA se Retief Odendaal. Sedert 31 Oktober 2024 dien Babalwa Lobishe (ANC) as uitvoerende burgemeester van Gqeberha en omstreke.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike toerismewebwerf

Kategorie:Distrikte van Suid-Afrika