Die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit is een van die 6 distriksmunisipaliteite in die Oos-Kaap. Die setel van die munisipaliteit is in Port Elizabeth geleë. Die inwoners in die munisipale gebied is óf Xhosa- óf Afrikaanssprekend (45% elk), met 'n klein minderheid Engelssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC10.

Die munisipaliteit is na Saartjie Baartman vernoem, 'n Khoi-vrou wat in die 19de eeu as trekpleister in Europa onder die naam Hottentot-Venus tentoongestel is. Haar liggaamlike oorskot is ná 'n veldtog in 2002 na Suid-Afrika teruggebring, waarna sy in haar oorspronklike geboortestreek in Hankey ter ruste gelê is.

duimnael|400px|links|Kaart van die Oos-Kaap met Sarah Baartman-distrik en sy plaaslike munisipaliteite in geel aangedui. Geografie Bure Die munisipaliteit word begrens deur: Pixley ka Seme (DC7) in die noorde Amatole (DC12) in die ooste Chris Hani (DC13) in die noordooste Nelson Mandelabaai (NMA) in die suide die Indiese oseaan in die suide Tuinroete (DC4) in die weste Sentraal Karoo (DC5) in die noordweste

Plaaslike munisipaliteite Die munisipaliteit bestaan uit die volgende plaaslike munisipaliteite: Plaaslike munisipaliteitKodeBevolking%Makana EC104 74 544 19.20%Kouga EC108 70 693 18.21%Ndlambe EC105 55 478 14.29%Dr Beyers Naudé EC101 79 291 17.60%Sondagsriviervallei EC106 41 580 10.71%Bloukraanroete EC102 35 006 9.02%Kou-Kamma EC109 34 296 8.83%

Demografie Die volgende statistiek is van die sensus in 2001. TaalBevolking%Xhosa 190 003 48.94%Afrikaans 174 917 45.06%Engels 20 806 5.36%Suid-Sotho 744 0.19%Zoeloe 596 0.15%Ander 451 0.12%Ndebele 192 0.05%Swazi 172 0.04%Tswana 127 0.03%Noord-Sotho 87 0.02%Tsonga 80 0.02%Venda 46 0.01%

Geslag GeslagBevolking%Vroulik 202 295 52.11%Manlik 185 906 47.89%

Etniese groepering Etniese groeperingBevolking%Swart 202 289 52.11%Kleurling 141 083 36.34%Blank 44 110 11.36%Asiaties 719 0.19%

Ouderdom OuderdomBevolking%00 – 04 33 178 8.55%05 – 09 36 745 9.47%10 – 14 40 809 10.51%15 – 19 41 052 10.57%20 – 24 33 222 8.56%25 – 29 32 096 8.27%30 – 34 29 929 7.71%35 – 39 27 840 7.17%40 – 44 24 208 6.24%45 – 49 20 483 5.28%50 – 54 16 494 4.25%55 – 59 13 289 3.42%60 – 64 12 928 3.33%65 – 69 9 218 2.37%70 – 74 6 764 1.74%75 – 79 4 447 1.15%80 – 84 3 276 0.84%85 – 89 1 325 0.34%90 – 94 680 0.18%95 – 99 154 0.04%100 plus 64 0.02%

Politiek Verkiesingsuitslae Verkiesingsuitslae vir die munisipaliteit in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004. Bevolking 18 en ouer: 252 570 [65.06% van die totale bevolking] Totale stemme: 161 399 [41.58% van die totale bevolking] Stempersentasie: 63.90% van die persentasie van die stemgeregtigdes PartyStemme%ANC 116 320 72.07%DA 27 615 17.11%OD 3 768 2.33%NNP 3 694 2.29%ACDP 2 755 1.71%UDM 2 416 1.50%VF+ 1 687 1.05%PAC 999 0.62%Azapo 492 0.30%IVP 277 0.17%UCDP 277 0.14%NA 201 0.12%SOPA 168 0.10%EMSA 160 0.10%CDP 144 0.09%PJC 113 0.07%UF 99 0.06%TOP 82 0.05%KISS 75 0.05%NLP 69 0.04%MF 43 0.03% Totaal 161 399 100.00%

Eksterne skakels Sarah Baartman District Municipality amptelike webblad Munisipale Afbakeningsraad StatsSA sensus 2001 blad OVK 2004 verkiesingsuitslae

Kategorie:Distrikte van Suid-Afrika