13 Junie is die 164ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (165ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 201 dae in die res van die jaar.
Gebeure 449 – Pous Leo I skryf die Tome aan patriarg Flavianus van Konstantinopel. 1695 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word titulêr aartsbiskop van Tarsus. 1792 – Pous Pius VI publiseer "Ubi Lutetiam" die vervolg op sy brief van 19 April 1792. 1898 – Yukon word van die Noordwestelike gebiede afgestig as eie gebied van die Kanadese Konfederasie met Dawson City as hoofstad. 1921 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word aartsbiskop van Milaan en kardinaal-priester van SS Silvestro en Martino. 1966 – Die Miranda v. Arizona-beslissing vestig die Miranda-waarskuwing in die Amerikaanse regstelsel. 1967 – Thurgood Marshall genomineer as regter vir die 'Supreme Court' in die VSA deur president Lyndon B. Johnson. 1967 – Die VN-sekuriteitsraad verwerp Moskou se eise dat die VN Israel se aggressie in die Sesdaagse Oorlog moet veroordeel. 1971 – Die New York Times publiseer die 'Pentagon Papers'. 1982 – Frankryk en Nederland speel in die eerste internasionale vrouerugbywedstryd; Frankryk klop Nederland met 4–0. 1983 – Pioneer 10 word die eerste mensgemaakte voorwerp om die sonnestelsel te verlaat. 1985 – Die eerste uitgawe van die Suid-Afrikaanse koerant die Weekly Mail verskyn. 1992 – Die Aardeberaad begin in Rio de Janeiro. 2000 – Kim Dae Jung van Suid-Korea en Kim Jong II van Noord-Korea ontmoet.
Geboortes 1580 – Willebrord Snellius, Nederlandse wiskundige en sterrekundige († 1626) 1761 – Anton Wranitzky, Tsjeggiese komponis († 1820). 1865 – William Butler Yeats, Ierse digter en dramaturg († 1939). 1860 – Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland, seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III († 1919). 1870 – Richard Stuttaford, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman († 1945). 1892 – Basil Rathbone, Suid-Afrikaanse akteur († 1967). 1917 – Augusto Roa Bastos, Paraguayaanse skrywer († 2005). 1922 – Etienne Leroux, Afrikaanse skrywer († 1989). 1933 – Verna Vels, Afrikaanse skryfster en omroeper († 2014). 1935 – Samak Sundaravej, Thaise premier († 2009). 1939 – Siegfried Fischbacher, Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid († 2021). 1947 – Danie Schutte, oud-Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister. 1951 – Richard Thomas, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger. 1963 – Félix Tshisekedi, Kongolese politikus, sedert Januarie 2019 president van die Demokratiese Republiek die Kongo. 1986 – Mary-Kate Olsen, Amerikaanse aktrise. 1986 – Thabo Bester, veroordeelde misdadiger bekend as die “Facebook-verkragter” en ontsnapper uit die Mangaung-gevangenis. 1989 – Mignon du Preez, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler. 1996 – Kodi Smit-McPhee, Australiese akteur.
Sterftes
1960 – Kenneth McArthur, Suid-Afrikaanse maratonatleet (* 1881). 1965 – Martin Buber, Oostenrykse-Israeliese-joodse godsdiensfilosoof (* 1878). 1971 – Charles Stallard, leier van die Dominiumparty (* 1871). 2012 – Dawid Kruiper, tradisionele leier van die Khomani San in die Kalahari (* 1935). 2015 – Darius Dhlomo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, akteur, bokser, musikant en politiese aktivis (* 1931). 2020 – Jean Raspail, Franse skrywer (* 1925). 2021 – Ned Beatty, Amerikaanse akteur (* 1937).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Kategorie:Junie