14 Junie is die 165ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (166ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 200 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1057 – Frederik van Lotaringe (later Pous Stefanus IX (X)) word kardinaal-priester van Sint Chrysogonus. 1555 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word goewerneur van Fano. 1557 – Pous Paulus IV stel William Peto, biskop van Salisbury, aan as kardinaal. 1645 – Oliver Cromwell wen die Slag van Naseby. 1658 – Die Franse en die Engelse verslaan die Spanjaarde by Duinkerken. 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer A Quo Primum oor die vreedsame samelewing van Jode en Christene. 1761 – Pous Clemens XIII publiseer In Dominico Agro – oor godsdiensonderrig. 1777 – Die Stars and Stripes word die amptelike vlag van die Verenigde State. 1783 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word as priester gewy. 1800 – Napoleon wen die Slag van Marengo. 1807 – Napoleon wen die Slag van Friedland. 1907 – Die Oranjerivierkolonie verkry selfregeringstatus. 1919 – Alcock en Brown styg op in Newfoundland om die eerste ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan te voltooi. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Eerste gevangenes arriveer in die Auschwitz-konsentrasiekamp. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Parys word deur Nazi-Duitsland ingeval en beset. 1963 – Vostok 5-ruimtetuig word gelanseer. 1967 – Amerikaanse Mariner-program: Mariner 5 word gelanseer. 1975 – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 10 word gelanseer. 1982 – Einde van die Falklandoorlog. 1985 – TWA Vlug 847 word deur Hezbollah-militante gekaap. 1999 – Thabo Mbeki word die tweede President van Suid-Afrika (1999–2008). 2025 – Suid-Afrika verslaan Australië met vyf paaltjies in die eindstryd van die derde Wêreldtoetskampioenskap op Lord’s in Londen.

Geboortes 1736 – Charles Coulomb, Franse wetenskaplike, uitvinder en militêre ingenieur († 1806). 1838 – Yamagata Aritomo, Japannese politikus en generaal († 1922). 1863 – Florence Phillips, weldoener, skryfster en bevorderaar van Suid-Afrikaanse kuns († 1940). 1909 – Burl Ives, Amerikaanse sanger en akteur († 1995). 1910 – Rudolf Kempe, Duitse dirigent († 1976). 1928 – Che Guevara, Suid-Amerikaanse vryheidstryder († 1967). 1934 – Mieke Telkamp, Nederlandse sangeres († 2016). 1938 – Julie Felix, Amerikaanse folk-sangeres († 2020). 1946 – Donald Trump, 45ste en 47ste President van die Verenigde State van Amerika. 1949 – Niël Barnard, hoof van Suid-Afrika se Nasionale Intelligensiediens (NID) († 2025). 1954 – Mhlobo Jadezweni, Suid-Afrikaanse akademikus en skrywer. 1958 – Olaf Scholz, Duitse politikus en bondskanselier van Duitsland. 1968 – Faizon Love, Amerikaanse skrywer en akteur. 1969 – Steffi Graf, Duitse vrouetennisspeler. 1977 – Camila Pitanga, Brasiliaanse aktrise. 1982 – Lang Lang, Chinese konsertpianis. 2008 – Giulia Benite, Brasiliaanse aktrise.

Sterftes 1594 – Orlando di Lasso, een van die beduidendste komponiste van die Hoog-Renaissance (* 1532). 1980 – Edward Alexander Newell Arber, Engelse plantkundige en paleontoloog (* 1870). 1920 – Max Weber, Duitse ekonoom (* 1864). 2005 – Carlo Maria Giulini, Italiaanse dirigent (* 1914). 2012 – Willem Barnard, Springbokrugbyspeler (* 1923).. 2017 – Monika Pon-su-san, Vladimir Tretchikoff se model vir sy beroemde skildery Chinese Girl (Chinese meisie), ook bekend as The Green Lady (die groen dame) (* 1930). 2020 – Elsa Joubert, Afrikaanse skrywer (* 1922). 2020 – Sushant Singh Rajput, Indiese akteur en model (* 1986).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Kategorie:Junie