29 Junie is die 180ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (181ste in skrikkeljare). Daar volg nog 185 dae in die res van die jaar.

Gebeure 538 – Pous Vigilius stuur 'n dekreet aan biskop Protofuturus van Braga. 1456 – Pous Callixtus III roep gelowiges op tot gebed om die Turkse beleg van Belgrado te stuit deur die kerkklokke om 12 uur die middag te laat lui. 1534 – Die Franse ontdekkingsreisiger Jacques Cartier ontdek Prins-Edward-eiland. 1613 – Shakespeare se Globe Theatre brand af. 1678 – Nadat kommandeur Johan Bax van Herenthals sterf, word Hendrik Crudop aangestel as waarnemende kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop. 1746 – Pous Benedictus XIV verklaar Camillus de Lellis en Pedro Regalado heilig. 1748 – Pous Benedictus XIV publiseer Magnae Nobis oor huweliksbeletsels en vrystellings. 1767 – Invoerbelasting op tee en ander goedere dryf die Amerikaanse koloniste nader aan revolusie. 1776 – Stigting van San Francisco deur die Spaanse Fransiskaner-orde as San Francisco de Asís, vernoem na die heilige Francis van Assisi. 1904 – Twee naakte veenlyke, die Paar van Weerdinge, word ontdek. 1913 – Die tweede Balkan-oorlog begin. 1922 – Frankryk vergun 100 hektaar by Vimy Ridge "vrylik en vir altyd, aan die regering van Kanada, vir die gratis gebruik van die grond kwytgeskeld van alle belasting". 1927 – Die eerste toetslopie van Wallace Turnbull se verstelbare-hellingshoekskroef vind plaas. 1976 – Die Republiek van Seychelle word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1977 – Die Verenigde Party en Demokratiese Party smelt saam en vorm die Nuwe Republiek Party met sir De Villiers Graaff as tussentydse leier. 1991 – Suid-Afrika sluit weer as 'n volle lid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aan. 1995 – Die Ruimtependeltuig Atlantis koppel vir die eerste keer met die Russiese Mir-ruimtestasie. 2024 – Indië wen die eindstryd van die negende T20I-wêreldbeker in Wes-Indië en die Verenigde State met sewe lopies teen Suid-Afrika.

Geboortes 1801 – Frédéric Bastiat, Franse ekonoom en teoretikus († 1850). 1835 – Anton Bergmann, skrywer en Vlaamse aktivis († 1874). 1849 – Sergei Witte, staatsman in tsaristiese Rusland († 1915). 1851 – Ds. Pieter Adam Strasheim, vader van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe (* 1899). 1880 – Ludwig Beck, Duitse generaal († 1944). 1886 – Robert Schuman, Franse staatsman, Eerste Minister van Frankryk († 1963). 1900 – Antoine de Saint-Exupéry, Franse skrywer en vlieënier († 1944). 1901 – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur († 1967). 1911 – Katherine DeMille, Amerikaanse aktrise († 1995). 1914 – Jacobus Bernardus de Vaal, onderwyser en historikus († 1989). 1919 – Slim Pickens, Amerikaanse akteur en rodeo-ruiter († 1983). 1921 – Jean Kent, Engelse aktrise († 2013). 1925 – Giorgio Napolitano, Italiaanse joernalis en politikus († 2023). 1925 – Cara Williams, Amerikaanse aktrise († 2021). 1929 – Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skrywer († 2006). 1934 – Corey Allen, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 2010). 1937 – Willie van Niekerk, Suid-Afrikaanse medikus en politikus († 2009). 1941 – Stokely Carmichael, Amerikaanse menseregte-aktivis, in Port of Spain, Trinidad († 1998). 1941 – Gert van Tonder, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. 1942 – Bas van der Vlies, Nederlandse politikus († 2021). 1944 – Gary Busey, Amerikaanse akteur. 1948 – Fred Grandy, Amerikaanse akteur en politikus. 1957 – Gurbanguly Berdimuhamedow, politikus, tweede president van Turkmenistan. 1957 – María Conchita Alonso, Kubaans-Amerikaanse aktrise, sangeres en vervaardiger. 1961 – Sharon Lawrence, Amerikaanse aktrise, sangeres en danser. 1962 – Amanda Donohoe, Engelse aktrise. 1963 – Anne-Sophie Mutter, Duitse violiste. 1967 – Melora Hardin, Amerikaanse aktrise en sangeres. 1968 – Brian d'Arcy James, Amerikaanse aktrise en musikant. 1968 – Judith Hoag, Amerikaanse aktrise. 1972 – Lee Chul-seung, Suid-Koreaanse tafeltennisspeler. 1982 – Lily Rabe, Amerikaanse aktrise. 1986 – Brian Klaas, Amerikaanse politieke wetenskaplike. 1991 – Addison Timlin, Amerikaanse aktrise. 1993 – Harrison Gilbertson, Australiese akteur. 1994 – Camila Mendes, Amerikaanse aktrise en model. 1995 – Nicholas Latifi, Kanadese Formule Een-renjaer.

Sterftes 1678 – Johan Bax van Herenthals, kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1637). 1801 – Adriaan van Jaarsveld, Boerekommandant van die Eerste Grensoorlog (* 1745). 1861 – Elizabeth Barrett Browning, Engelse digteres (* 1806). 1875 – Ferdinand I, keiser van Oostenryk (* 1793). 1895 – Thomas Henry Huxley, Britse bioloog en hoofverteenwoordiger van die Agnostisisme (* 1825). 1933 – Fatty Arbuckle, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer (* 1887). 1940 – Paul Klee, Switserse skilder en kindertekenaar (* 1879). 1967 – Jayne Mansfield, Amerikaanse aktrise (* 1933). 1978 – Bob Crane, Amerikaanse akteur (* 1928). 1995 – Lana Turner, Amerikaanse aktrise (* 1921). 1999 – Allan Carr, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer (* 1937). 2002 – Rosemary Clooney, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1928). 2003 – Katharine Hepburn, Amerikaanse aktrise (* 1907). 2007 – Prof. Hennie Bingle, rektor van die PU vir CHO van 1964 tot 1977 (* 1910). 2016 – Margaret Bakkes, Afrikaanse skrywer (* 1931). 2016 – Jan Hettema, Olimpiese fietsryer en Springboktydrenjaer (* 1933). 2020 – Carl Reiner, Amerikaanse akteur en komediant (* 1922). 2026 – Penelope Keith, Engelse aktrise (* 1940).

Eksterne skakels

Kategorie:Junie