20 Junie is die 171ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (172ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 194 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1567 – Die "Casket"-briewe word gevind. Die briewe impliseer dat Maria I van Skotland met James Hepburn, 4de graaf van Bothwell, saamgesweer het om Maria se man Lord Darnley te vermoor. 1667 – Pous Clemens IX volg Pous Alexander VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1675 – Pous Clemens X verklaar Francis Solano salig. 1789 – Die 'Tennisbaan-eed'. Die volksverteenwoordigers van Frankryk wat uitgesluit is uit die parlement in Versailles, neem 'n eed om nie te verdaag totdat 'n grondwet aanvaar is nie. 1837 – Koningin Victoria bestyg die Britse troon. 1848 – Andries Pretorius word as kommandant-generaal verkies. 1863 – Wes-Virginië word die 35ste deelstaat van die Verenigde State. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: 40 000 Franse soldate vlug na veiligheid oor die Switserse grens en word geïnterneer. Switserland was 'n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog. 1940 – 'n Nuwe regering word gevorm in Letland nadat die Rooi Leër die land beset het. 1960 – Mali en Senegal verkry hul onafhanklikheid van Frankryk. 1973 – Die eerste Vrouekrieketwêreldbeker begin in Engeland. 1987 – Nieu-Seeland klop Frankryk in die eindstryd met 29–9 en wen sodoende die eerste Rugbywêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland. 1992 – 'n Nuwe grondwet word van krag in Paraguay en daar kom 'n einde aan die militêre bewind van Alfredo Stroessner. 1999 – Australië klop Pakistan in die eindstryd met 8 paaltjies en wen sodoende die sewende Krieketwêreldbeker in Engeland, Ierland, Nederland, Skotland en Wallis.

Geboortes 1566 – Sigismund III Wasa, Koning van Swede (1592 – 1599) en Pole (1587 – 1632) († 1632). 1761 – Jacob Hübner, Duitse entomoloog en skrywer († 1826). 1819 – Jacques Offenbach, Duitsgebore Franse komponis, tjellis en impresario († 1880). 1900 – Boris Pash, Amerikaanse militêre intelligensie-offisier († 1995). 1908 – Gus Schilling, Amerikaanse akteur († 1957). 1909 – Errol Flynn, Australies-Amerikaanse akteur († 1959). 1911 – Gail Patrick, Amerikaanse aktrise († 1980). 1925 – Audie Murphy, Amerikaanse vereerde luitenant en akteur († 1971). 1928 – Martin Landau, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2017). 1928 – Jean-Marie Le Pen, Franse intelligensiehoof en politikus († 2025). 1931 – Olympia Dukakis, Amerikaanse aktrise († 2021). 1931 – James Tolkan, Amerikaanse akteur en regisseur (s. 2026). 1933 – Danny Aiello, Amerikaanse akteur († 2019). 1940 – John Mahoney, Engelse akteur († 2018). 1949 – Lionel Richie, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, pianis en akteur. 1949 – Gotabaya Rajapaksa, 8ste president van Sri Lanka. 1950 – Nouri al-Maliki, Irakse politikus, 76ste Eerste Minister van Irak. 1951 – Tress MacNeille, Amerikaanse aktrise en stemkunstenaar. 1952 – John Goodman, Amerikaanse akteur. 1967 – Nicole Kidman, Amerikaans-Australiese aktrise, gebore in Honolulu, Hawaii. 1967 – Sjors Fröhlich, Nederlandse burgemeester, joernalis en aanbieder. 1967 – Mo Gawdat, Egiptiese entrepreneur en skrywer. 1968 – Tonya Kinzinger, Franse aktrise. 1980 – Tika Sumpter, Amerikaanse aktrise. 1981 – Hennie Jacobs, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, liedjieskrywer en komediant. 1986 – Robbie Klay, Afrikaanse sanger. 1986 – Dreama Walker, Amerikaanse aktrise. 1987 – Itumeleng Khune, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, Bafana Bafana-doelwagter by die 2010-FIFA-wêreldbeker. 1989 – Christopher Mintz-Plasse, Amerikaanse akteur.

Sterftes 840 – Lodewyk die Vrome, koning van die Franke (* 778). 1787 – Karl Friedrich Abel, Duitse komponis van die klassieke era (* 1723). 1837 – William IV, koning van Groot-Brittanje (* 1765). 1883 – Johannes Nicolaas de Beer, boer van Kimberley en die diamantmaatskappy De Beers is na hom vernoem (* 1830). 1883 – John William Colenso, die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal (* 1814). 1900 – Lord Henry Loch, Britse goewerneur van die Kaapkolonie (* 1827). 1930 – John William Jagger, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman (* 1859). 1949 – Fjodor Otsep, Russiese draaiboekskrywer en regisseur (* 1895). 1959 – Hitoshi Ashida, Japannese politikus en Eerste minister van Japan in 1948 (* 1887). 1984 – Estelle Winwood, Engelse aktrise (* 1883). 1995 – Emil Cioran, Roemeense filosoof (* 1911). 2009 – Neda Agha-Soltan, jong Irannese vrou wat betoog het in Teheran teen aksies van president Mahmoud Ahmadinejad en die ajatolla Ali Khamenei (* 1982). 2011 – Ryan Dunn, Amerikaanse televisiepersoonlikheid (* 1977). 2015 – Esther Brand, Suid-Afrikaanse atleet en Olimpiese gouemedaljewenner (* 1922). 2015 – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur en rolprentvervaardiger (* 1938). 2024 – Donald Sutherland, Kanadese akteur (* 1935).

Kategorie:Junie