19 Junie is die 170ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (171ste in skrikkeljare). Daar volg nog 195 dae in die res van die jaar.

Gebeure 445 – Keiser Valentianus III verbied die Manigiste op versoek van Pous Leo I. 1843 – Pous Gregorius XVI stel Francisco de São Luiz Saraiva, O.S.B., patriarg van Lissabon en Antonio Maria Cadolini, C.R.S.P., biskop van Ancona aan as kardinale. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van die Filippynse See. 1953 – Ethel en Julius Rosenberg tereggestel vir spioenasie in die VSA. 1961 – Koeweit word onafhanklik. 1963 – Valentina V. Tereshkova, die eerste vrou in die ruimte, keer terug na die aarde in die ruimtetuig Vostok 6. 2014 – Nadat Juan Carlos I ten gunste van sy oudste seun abdikeer het, lê Felipe VI die ampseed as nuwe koning van Spanje af. 2021 – Juneteenth word as 'n Federale vakansiedag in die Verenigde State ingestel.

Geboortes 1566 – Jakobus I van Engeland, koning van Skotland (as Jakobus VI), van Engeland en van Ierland († 1625). 1623 – Blaise Pascal Franse wiskundige, fisikus, en godsdienstige filosoof († 1662). 1764 – Sir John Barrow, Engelse ontdekkingsreisiger († 1848). 1815 – Cornelius Krieghoff, Nederlands-gebore Kanadese skilder († 8 Maart 1872). 1836 – Ds. Gerrit Smits, predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk († 1894). 1865 – Dame May Whitty, Britse aktrise († 1948). 1876 – Nigel Gresley, Britse stoomlokomotief-ingenieur († 1941). 1897 – Moe Howard, Amerikaanse akteur en komediant (Three Stooges) († 1975). 1906 – Earl W. Bascom, Amerikaanse akteur, rodeo-ruiter en skilder († 1995). 1906 – Ernst Boris Chain, Duits-Britse biochemikus († 1979). 1938 – Ian Smith, Australiese akteur. 1945 – Aung San Suu Kyi, Mianmarse politikus, leier van 'n nie-geweldadige beweging vir menseregte en demokrasie in Mianmar (Birma) en ontvanger van die 1991 Nobelprys vir Vrede. 1947 – Sir Salman Rushdie, Brits-Indiese romanskrywer en essayis. 1951 – Ayman al-Zawahiri, al-Kaïda leier († 2022). 1964 – Boris Johnson, Britse parlementslid in 2001–2008, burgemeester van Londen 2008–2016. 1967 – Mia Sara, Amerikaanse aktrise. 1975 – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violis († 2012).

Sterftes 129 – Pous Justus van Alexandrië sesde patriarg van die Kerk in Alexandrië (* onbekend). 1607 – Patriarg Job van Moskou, die eerste Russies-Ortodokse patriarg van Rusland (* onbekend). 1867 – Keiser Maksimiliaan I van Meksiko, tereggestel (* 1832). 1890 – Kommandant-Generaal Stephanus Schoeman, waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1810). 1932 – Sol Plaatje, Suid-Afrikaanse skrywer, taalkenner, joernalis en politikus (* 1876). 1937 – J.M. Barrie, Skotse skrywer (* 1860). 1962 – Frank Borzage, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger (* 1894). 1975 – Dr. Abel Coetzee, Afrikaanse lektor, skrywer, digter en eindredakteur (* 1906). 1993 – William Golding, Britse skrywer en digter en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1983 (* 1911).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Pous Justus van Alexandrië volgens die Koptiese Kalender

Kategorie:Junie