17 Junie is die 168ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (169ste in skrikkeljare). Daar volg nog 197 dae in die res van die jaar.

Gebeure 900 – Winedmar, die handlanger van Boudewyn II van Vlaandere vermoor aartsbiskop Fulk van Reims. 1405 – Appenzeller Vryheidsoorlog: Veldslag bei Stoss, die boere van Appenzell oorwin die troepe van die abdy van St Gallen en Oostenryk en verkry so hul vryheid. 1602 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word biskop van Albano. 1614 – Pous Paulus V promulgeer 'n nuwe uitgawe van die Rituale Romanum, die Roomse liturgieboek. 1771 – Pous Clemens XIV stel Antonio Eugenio Visconti, titulêr aartsbiskop van Efeso en Bernardino Giraud, aartsbiskop van Ferrara aan as kardinale. 1775 – Tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog, neem Britse magte Bunker Hill buite Boston, Massachusetts oor. 1789 – Tydens die Franse Rewolusie roep die Derde Stand (Frans:Tiers état) van Frankryk 'n nasionale vergadering uit. 1793 – Pous Pius VI publiseer Quare Lacrymae oor die onthoofding van koning Lodewyk XVI van Frankryk. 1795 – Kaapse burgers beset die drosdy in Swellendam waarna die Colonie van Swellendam uitgeroep word. 1804 – Pous Pius VII verklaar Veronica Giuliani salig. 1924 – Die Pakt-regering word gevorm nadat 'n koalisie tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty die Suid-Afrikaanse Party in die algemene verkiesing verslaan. 1940 – Die Rooi Leër beset Letland. 1944 – Ysland word 'n republiek. 1953 – Die Volksopstand in die DDR word deur Sowjetse troepe bloedig onderdruk. 1961 – Kanada se New Democratic Party word gestig deur 'n samesmelting van die CCF en georganiseerde arbeid. 1964 – Nico Malan, Kaapland se administrateur, wy die gebou van die Hoërskool Groote Schuur, Kaapstad in. 1972 – Watergate-skandaal: Vyf mans word gevange geneem vir die inbraak by die kantore van die Democratic National Committee. 1991 – Die Wet op Bevolkingsregistrasie, een van die hoekstene van Apartheid, word deur die Suid-Afrikaanse parlement opgehef. 1994 – O. J. Simpson word gejaag en gearresteer op verdenking daarvan dat hy sy gewese vrou Nicole Brown Simpson, en Ronald Goldman vermoor het. 2003 – Die eerste blitsskare kom byeen in die Macy afdelingswinkel in New York Stad, georganiseer deur Bill Wasik, seniorredakteur van Harper’s Magazine.

Geboortes 1239 – Koning Edward I van Engeland († 1307). 1604 – Johan Maurits, Nederlandse staatsman, goewerneur van Nederlands-Brasilië († 1679). 1637 – Sybrandis Abbema, 'n kommissaris van die VOC († 1684). 1818 – Charles Gounod, Franse komponis († 1893). 1867 – Flora Finch, Engels-Amerikaanse aktrise († 1940). 1871 – Herman van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikant en Volksraadslid († 1953). 1871 – James Weldon Johnson, Amerikaanse skrywer, politikus, diplomaat en joernalis († 1938). 1873 – John Weston, Suid-Afrikaanse lugvaartingenieur, pioniervlieënier, boer en soldaat († 1950). 1882 – Igor Stravinsky, Russiese komponis († 1971). 1888 – Heinz Guderian, Duitse generaal († 1954). 1898 – M.C. Escher, Nederlandse kunstenaar († 1972). 1902 – Phil Nel, Suid-Afrika se agttiende Springbokkaptein († 1984). 1904 – Ralph Bellamy, Amerikaanse akteur († 1991). 1914 – John Hersey, Amerikaanse outeur en joernalis († 1993). 1923 – Elroy Hirsch, Amerikaanse sokkerspeler († 2004) 1933 – Christian Ferras, Franse violis († 1982). 1936 – Samuel Pauw, Suid-Afrikaanse modernistiese en postmodernistiese argitek († 2016). 1937 – Clodovil Hernandes, Brasiliaanse modeontwerper, televisie-aanbieder en politikus († 2009). 1943 – Barry Manilow, Amerikaanse akteur, sanger-liedjieskrywer en vervaardiger. 1947 – Christopher Allport, Amerikaanse akteur († 2008). 1954 – Pedro Filho, Brasiliaanse reeksmoordenaar († 2023). 1960 – Thomas Haden Church, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1963 – Greg Kinnear, Amerikaanse akteur, televisie-aanbieder en vervaardiger. 1975 – Joshua Leonard, Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur. 1976 – Scott Adkins, Engelse akteur en gevegkunstenaar. 1980 – Venus Williams, Amerikaanse tennisspeler. 1982 – Jodie Whittaker, Engelse aktrise. 1989 – Simone Battle, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2014). 1991 – Akker van der Merwe, Springbokrugbyspeler (haker).

Sterftes 676 – Pous Adeodatus II, die 77ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1893 – Rutherford B. Hayes, 19de President van die Verenigde State (* 1822). 1920 – Ds. Johannes Rudolph Albertyn, een van die mees gevierde kanselredenaars in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1847). 1967 – Tienie Holloway, 'n Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur (* 1888). 1996 – Thomas Kuhn, Amerikaanse historikus en filosoof (* 1922). 2010 – Dawie Couzyn, opera- en ligte Afrikaanse musieksanger (* 1925). 2012 – Dolf Bekker, Springbokrugbyspeler (* 1926). 2014 – George Claassen sr., wenner van die Comrades-maraton in 1961 (* 1917). 2017 – Daniel Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1923). 2021 – Kenneth Kaunda, Zambiese president (* 1924). 2025 – Alfred Brendel, Oostenrykse pianis (* 1931).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Feesdag van Pous Adeodatus in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Junie