15 Junie is die 166ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (167ste in skrikkeljare). Daar volg nog 199 dae in die res van die jaar.
Gebeure 653 – Theodorus Calliopas arresteer Pous Martinus I. 1053 – Pous Leo IX word verslaan en gevange geneem by die Slag van Civitate. 1215 – Koning Jan van Engeland bekragtig die Magna Carta, waarvolgens die mag van die koning in die Koninkryk van Engeland formeel beperk word. 1219 – Noordelike Kruistogte: Ná die Deense oorwinning onder koning Waldemar II tydens die Slag van Lyndanisse (nou Tallinn) word die Estlanders gekersten en Estland by die Deense Ryk ingelyf. Volgens die Dannebrog-legende het 'n rooi doek met 'n wit kruis uit die lug geval, die vlag van Denemarke. 1519 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Frascati. 1520 – Pous Leo X publiseer die bul Exurge Domine waarin Martin Luther veroordeel word. 1524 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word kardinaal-aartsbiskop van Ostia. 1573 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word pouslike nuntius in Venesië. 1836 – Arkansas word die 25ste deelstaat van die Verenigde State. 1909 – Die Imperiale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR) word deur verteenwoordigers uit Australië, Engeland en Suid-Afrika by die Lord’s-krieketveld in Londen gestig. 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Duitsers in Duits-Suidwes-Afrika gee oor aan Suid-Afrikaanse magte onder generaal Louis Botha. 1954 – Die Unie van Europese Voetbal-assosiasies word in Basel, Switserland, deur 25 lande gestig. 1966 – Die wêreld se eerste skeertuigskou word geopen met die nuus dat die Britse departement van verdediging 'n bestelling van sowat £1 miljoen geplaas het. 2005 – Sterrekundiges van die Lowell-observatorium ontdek die tweede en derde natuurlike satelliet, Hidra en Nix, van die dwergplaneet Pluto.
Geboortes 1831 – Ds. Adriaan Begemann, eerste predikant van Pretoria se Nederduitsch Hervormde Kerk in Nederland gebore († 1925). 1842 – Sir John de Villiers, hoofregter van die Kaapkolonie en die eerste hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1914). 1843 – Edvard Grieg, Noorse komponis († 1907). 1884 – Harry Langdon, Amerikaanse akteur († 1944). 1896 – Inez Clare Verdoorn, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1989). 1897 – Leo Marquard, stigterslid van Suid-Afrika se Liberale Party († 1974). 1902 – Erik Erikson, Duits-Amerikaanse ontwikkelingpsigoloog († 1994). 1907 – James Robertson Justice, Engelse akteur († 1975). 1914 – Joeri Andropof, Sowjetpolitikus († 1984). 1917 – Lash LaRue, Amerikaanse akteur († 1996). 1937 – Herbert Feuerstein, Duitse akteur en skrywer († 2020). 1940 – Zubaida Tharwat, Egiptiese aktrise († 2016). 1945 – Zandra Bezuidenhout, Afrikaanse digter. 1946 – Demis Roussos, Egipties-Griekse sanger-liedjieskrywer († 2015). 1949 – Jim Varney, Amerikaanse akteur en komediant († 2000). 1952 – Dirceu José Guimarães, Brasiliaanse sokkerspeler († 1995). 1953 – Xi Jinping, president van die Volksrepubliek China, Sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van China. 1954 – Jim Belushi, Amerikaanse akteur. 1955 – Polly Draper, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1955 – Julie Hagerty, Amerikaanse aktrise en model. 1958 – Christa Steyn, Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer († 2012). 1959 – Eileen Davidson, Amerikaanse model en aktrise. 1960 – Michèle Laroque, Franse aktrise en vervaardiger. 1963 – Helen Hunt, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1964 – Courteney Cox, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1969 – Ice Cube, Amerikaanse rapper, akteur en vervaardiger. 1970 – Leah Remini, Amerikaanse aktrise en vervaardiger. 1973 – Neil Patrick Harris, Amerikaanse akteur en sanger. 1973 – Pia Miranda, Australiese aktrise. 1983 – Julia Fischer, Duitse violis en pianis. 1986 – Dann-Jacques Mouton, Afrikaanse sepie-akteur (7de Laan en Skemergrond).
Sterftes 948 – Romanos I van Bisantium, Bisantynse keiser (* circa 870). 1341 – Andronikos III Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1297). 1383 – Johannes VI Kantakouzenos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1292). 1467 – Filips die Goeie, die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg (* 1396). 1785 – Jean-François Pilâtre de Rozier, Franse chemie en fisika onderwyser en een van die eerste lugvaartpioniers (* 1754). 1772 – Louis-Claude Daquin, Franse komponis van Joodse afkoms (* 1694). 1849 – James K. Polk, elfde President van die Verenigde State (* 1795). 1883 – Simeon Jacobs, prokureur-generaal van die Kaapkolonie (* 1830). 1888 – Friedrich III van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1831). 1961 – André Huguenet, was die verhoognaam van die akteur Gert Borstlap, ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel (* 1906). 1993 – James Hunt, Britse renjaer, Formule Een Wêreldkampioen in 1976 (* 1947). 1996 – Ella Fitzgerald, Amerikaanse sangeres (* 1917). 1998 – Cyriel Paul Coupé, Belgiese priester, onderwyser, skrywer en digter (* 1918). 2000 – Gawie Cillié, Suid-Afrikaanse komponis (* 1916). 2011 – Zack du Plessis, Afrikaanse akteur (* 1949). 2012 – Mof Myburgh, Springbokrugbyspeler (* 1936). 2019 – Franco Zeffirelli, Italiaanse regisseur (* 1923). 2026 – Abdullah Ibrahim, Suid-Afrikaanse pianis en komponis (* 1934).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Hieronimus van Stridon in die Ortodokse Kerk.
Kategorie:Junie