16 Junie is die 167ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (168ste in skrikkeljare). Daar volg nog 198 dae in die res van die jaar.

Gebeure

106 – Pous Primus van Alexandrië volg Kedron as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op. 1081 – Duitse biskoppe kies Clemens III as teenpous op die sinode van Brixen. 1451 – Pietro Barbo (later Pous Paulus II) word as kardinaal-priester van San Marco in Rome aangestel deur Pous Nicolaas V. 1721 – Pous Innocentius XIII stel Bernardo Maria Conti, O.S.B.Cas., voormalige biskop van Terracina aan as kardinaal. 1737 – Pous Clemens XII verklaar Catherine van Genua (Caterina Fieschi Adorno), Jean-François Régis, Giuliana Falconieri en Vincent de Paul heilig. 1814 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) keer terug na Montalto na sy gevangeskap deur die Franse. 1846 – Pous Pius IX volg Pous Gregorius XVI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1896 – Die Drummond Castle vergaan aan die Franse kus. 1900 – Proklamasie van die Verskroeideaardebeleid deur Lord Roberts. 1903 – Die Ford Motormaatskappy word gestig. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Estland word deur die Sowjetunie beset. 1976 – Oproer in Soweto oor die gebruik van Afrikaans in swart skole. 2020 – Skermutselings tussen Indiese en Chinese magte in Ladakh lei tot die dood van 20 Indiese soldate (waaronder 'n offisier) in die betwiste grensgebied tussen die twee lande.

Geboortes 1723 – Adam Smith, Skotse filosoof en ekonoom († 1790). 1826 – Constantin von Ettingshausen, Oostenrykse geoloog en plantkundige († 1897). 1872 – William Joseph Baerentzen, luitenant van die Skandinawiese Korps tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1958). 1875 – Philippus Christoffel Snyman, Afrikaanse gereformeerde professor in die teologie te Steynsburg († 1915). 1875 – Stan Laurel, Engelse akteur en skrywer, bekend vir sy The Laurel and Hardy Show († 1965). 1901 [O.S. 5 Junie] – Anastasia Nikolajewna van Rusland († 1918). 1907 – Jack Albertson, Amerikaanse akteur († 1981). 1920 – José López Portillo, 31ste President van Meksiko († 2004). 1924 – Faith Domergue, Amerikaanse aktrise († 1999). 1932 – Santie Grosskopf, Afrikaanse skryfster. 1934 – Eileen Atkins, Engelse aktrise en draaiboekskrywer. 1938 – Henk Rall, Afrikaanse skrywer en digter († 2022). 1939 – Philip de Vos, operasanger, fotograaf, digter en skrywer van kinder- en jeugverhale. 1940 – Leonard Susskind, Amerikaanse teoretiese fisikus en professor in teoretiese fisika aan Stanford-universiteit. 1946 – Mark Ritts, Amerikaanse akteur, poppespeler en vervaardiger († 2009). 1953 – Valerie Mahaffey, Amerikaanse aktrise. 1955 – Laurie Metcalf, Amerikaanse aktrise. 1962 – Arnold Vosloo, Suid-Afrikaanse akteur. 1964 – Danny Burstein, Amerikaanse akteur en sanger. 1965 – Mark Lawrence, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter. 1966 – Jan Železný, Tsjeggiese spiesgooi-atleet. 1970 – Clifton Collins Jr., Amerikaanse akteur. 1970 – Phil Mickelson, Amerikaanse beroepsgholfspeler. 1971 – Tupac Shakur, Amerikaanse rapper, in Las Vegas doodgeskiet († 1996). 1973 – Eddie Cibrian, Amerikaanse akteur. 1978 – Daniel Brühl, Spaans-Duitse akteur. 1981 – Zane Kirchner, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springbokheelagter. 1982 – Missy Peregrym, Kanadese model en aktrise. 1987 – Diana DeGarmo, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en aktrise. 1991 – Siya Kolisi, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en 61ste Springbokkaptein. 1993 – Park Bo-gum, Koreaanse akteur.

Sterftes 1671 – Stenka Razin, ’n Kosakleier wat ’n groot opstand teen die adel en die tsaristiese burokrasie in Suid-Rusland gelei het (* 1630). 1752 – Joseph Butler, Engelse biskop en filosoof (* 1692). 1778 – Konrad Ekhof, Duitse akteur en regisseur (* 1720). 1932 – Frederik van Eeden, Nederlandse skrywer, digter en psigiater. (* 1860). 1958 – Imre Nagy, Hongaarse politikus, 3de eerste minister van Hongarye (* 1895). 1959 – George Reeves, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1914). 1976 – Hastings Ndlovu, eerste persoon wat tydens die Soweto-opstand geskiet is (* 1961). 1976 – Hector Pieterson en vele ander jeugdiges tydens die Soweto-opstand (* 1964). 1977 – Wernher von Braun, Duits-Amerikaanse vuurpylingenieur (* 1912). 2004 – Thanom Kittikachorn, militêre diktator van Thailand, 10de eerste minister van Thailand (* 1911). 2012 – Susan Tyrrell, Amerikaanse aktrise (* 1945). 2016 – Charles Thompson, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis. (* 1918). 2017 – Helmut Kohl, Duitse politikus en kanselier (1982–1998) (* 1930). 2018 – Syd Nomis, Springbokrugbyspeler (* 1941). 2018 – Cecile Cilliers, Suid-Afrikaanse joernalis en skryfster (* 1933). 2021 – Jabu Mabuza, Suid-Afrikaanse sakeman en belegger, Eskom-hoof (* 1958). 2024 – Jan Breytenbach, Suid-Afrikaanse beroepsoldaat, stigter van 32-Bataljon sowel as 44 Valskermbrigade (* 1932).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Jeugdag in Suid-Afrika Bloom-dag in Ierland

Kategorie:Junie