12 Junie is die 163ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (164ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 202 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1405 – Pous Innocentius VII bevorder Angelo Correr (later Pous Gregorius XII) tot kardinaal-priester van San Marco in Rome. 1405 – Pous Innocentius VII bevorder Oddone Colonna (later Pous Martinus V) tot kardinaal-diaken van San Giorgio in Velabro. 1407 – Pous Innocentius VII bevorder Petros Philargos (later Teenpous Alexander V) tot kardinaal. 1550 – Helsinki, die hoofstad van Finland, is gestig. 1586 – Ippolito Aldobrandini (later Pous Clemens VIII) word hoof van die Apostoliese Penitentiarie. 1673 – Pous Clemens X stel vyf nuwe kardinale aan waaronder Girolamo Gastaldi. 1701 – Die opvolgingswet (Act of Settlement 1701) word in die Britse parlement aanvaar. 1707 – Bahadur Shah I verslaan sy broer Azam Shah by Jajau. 1724 – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) word titulêr biskop van Theodosia. 1864 – Amerikaanse Burgeroorlog: Unie-generaal Ulysses S. Grant onttrek sy troepe in die Slag van Cold Harbor. 1889 – 88 mense sterf in die Armagh spoorwegramp naby Armagh in Noord-Ierland. 1898 – Die Filippyne word onafhanklik van Spanje. 1901 – Tweede Vryheidsoorlog: Britse magte onder brig. genl. SB Beatson ly gevoelige verliese teen genl. Chris Muller in die Slag van Wilmansrust in Oos-Transvaal. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Britse bomwerpers val die Switserse stede Renens en Genève aan. Groot skade word aangerig en 5 persone sterf. Switserland was in 'n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog. 1942 – Saambou Bank word onder die naam Unie Bouvereniging gestig. 1964 – Anti-apartheidsleier Nelson Mandela word tot lewenslange tronkstraf gevonnis. 1979 – 'n Mens-aangedrewe vliegtuig genaamd die Gossamer Albatross vlieg oor die Engelse Kanaal. 1987 – Die President van die Verenigde State, Ronald Reagan, daag die leier van die Sowjetunie, Michail Gorbatsjof, in die openbaar uit om die Berlynse Muur af te breek. 1991 – Boris Jeltsin verkies as president van Rusland. 1991 – Berg Pinatubo, 'n vulkaan in die Filippyne, bars uit. 2012 – Riah Phiyega word aangestel as Suid-Afrika se eerste vroulike polisiekommissaris.
Geboortes 1843 – Sir David Gill, 'n Skotse sterrekundige en hoof van die Kaapse Sterrewag († 1914). 1908 – Otto Skorzeny, Duitse Waffen-SS spesiale operasies kenner († 1975). 1915 – David Rockefeller, Amerikaanse beleggingsbankier († 2017). 1920 – Peter Jones, Britse akteur († 2000). 1924 – George H.W. Bush, Amerikaanse politikus en 41ste President van die Verenigde State (1989–1993) († 2018). 1929 – Anne Frank, Nazi-slagoffer in Frankfurt am Main († 1945). 1932 – Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse sopraansangeres († 2026). 1932 – Patrick Mynhardt, Suid-Afrikaanse film- en teaterakteur († 2007). 1941 – Chick Corea, Amerikaanse jazzmusikant, in Chelsea, Massachusetts († 2021). 1945 – Anthony Hall-Martin, kenner op die gebied van swartrenosters en die Afrika-olifant († 2014). 1961 – Pierre Coetzer, voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen. 1963 – T.B. Joshua, Nigeriese Christelike TV-evangelis († 2021). 1981 – Adriana Lima, Brasiliaanse fotomodel. 1981 – Gurthrö Steenkamp, Springbokrugbyspeler. 1983 – Bryan Habana, Springbokrugbyspeler.
Sterftes 816 – Pous Leo III, die 96ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±750). 1936 – Karl Kraus, Oostenrykse skrywer, joernalis, polemikus, satirikus, essayis, dramaturg en digter (* 1874). 1966 – Hermann Scherchen, Duitse dirigent (* 1891). 2003 – Gregory Peck, Amerikaanse akteur (* 1916). 2003 – Anna M. Louw, Afrikaanse skrywer en 'n wenner van die Hertzogprys (* 1913). 2005 – Die laaste Reënkoningin, Makobo Constance Modjadji VI. 2014 – Carla Laemmle, Amerikaanse aktrise en danseres (* 1910). 2019 – Sylvia Miles, Amerikaanse aktrise (* 1924). 2022 – Philip Baker Hall, Amerikaanse akteur (* 1931). 2022 – Phil Bennett, Walliese internasionale rugbyspeler (* 1948). 2024 – Wjatsjeslaf Zoedof, Sowjetse ruimtevaarder (* 1942). 2026 – Portchie, Suid-Afrikaanse skilder en entrepreneur (* 1963).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Nasionale Dag van Rusland Voorheen die feesdag van Pous Leo III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Junie