9 Junie is die 160ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (161ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 205 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1604 – In sy laaste konsistorie stel Pous Clemens VIII nog 18 nuwe kardinale aan. 1722 – Pous Innocentius XIII leen die koninkryk van Napels en Sisilië aan keiser Karel IV. 1752 – Die Kroonprinses van Denemarke, 'n Deense skip, lei skipbreuk aan die kus van Mosselbaai. 1882 – Nederlands word as amptelike taal in die Kaapse parlement erken. 1934 – Donald Duck maak sy debuut in die Silly Symphonies-tekenprent The Wise Little Hen. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Pantserbrigade van Erwin Rommel steek die Seine-rivier oor. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Lidici massamoord deur die SS. 1967 – Israel val die Golanhoogland binne. 1967 – Militêre diensplig word verpligtend vir blanke Suid-Afrikaanse mans. 1970 – Koning Hussein het 'n noue ontkoming toe gewapende sluipmoordenaars op sy motorstoet vuur naby sy somerpaleis. 1979 – Die tweede Krieketwêreldbeker begin in Engeland. 1983 – Margaret Thatcher se Konserwatiewe Party wen met 'n oorweldigende meerderheid om haar tweede termyn as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk te verseker. 1983 – Die derde Krieketwêreldbeker begin in Engeland en Wallis. 1989 – Die noodtoestand van drie jaar in Suid-Afrika word verleng. 1990 – 28 Politieke gevangenes word op Robbeneiland vrygelaat, kragtens 'n aankondiging in die parlement deur pres. F.W. de Klerk.

Geboortes 1640 – Leopold I, Heilige Romeinse Keiser († 1705). 1661 – Fjodor III van Rusland, tsaar van Rusland († 1682). 1672 – Tsaar Pieter die Grote van Rusland († 8 Februarie 1725). 1812 – Johann Gottfried Galle, Duitse astronoom en die eerste persoon wat Neptunus aanskou het († 1910). 1862 – Sir Herbert Baker, Britse argitek († 1946). 1864 – Jeanne Bérangère, Franse aktrise († 1928). 1868 – Laurens Meintjes, Suid-Afrika se eerste wêreldkampioen in fietsry († 1941). 1887 – Emilio Mola, Spaanse generaal wie se deelname aan 'n staatsgreep in 1936 die Spaanse Burgeroorlog ontketen het († 1937). 1890 – Leslie Banks, Engelse akteur en vervaardiger († 1952). 1901 – M.D.C. de Wet Nel, Suid-Afrikaanse politikus († 1984). 1912 – Albert Kimmerling, pioniersvlieënier wat die eerste vliegtuigvlug in Afrika (en Suid-Afrika) onderneem het († 1882). 1925 – Hermie Hendriks, joernalis, redakteur van Die Transvaler en hoofbestuurder vir koerante van Perskor († 2020). 1935 – Japie van Wyk, Suid-Afrikaanse politikus († 2021). 1936 – Pieter Pieterse, Afrikaanse skrywer en tv-sjef († 2002). 1942 – Christine Basson, Suid-Afrikaanse aktrise († 2019). 1943 – Charles Saatchi, Irakese sakeman, mede-stigter van die advertensieagentskap Saatchi & Saatchi. 1954 – Elizabeth May, Amerikaans-Kanadese omgewingsaktivis, prokureur en politikus. 1955 – Alexander Strachan, Afrikaanse skrywer. 1961 – Michael J. Fox, Kanadees-Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer. 1963 – Johnny Depp, Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger en musikant. 1964 – Gloria Reuben, Kanadees-Amerikaanse aktrise. 1979 – Quinne Brown, Afrikaanse sepie-aktrise. 1981 – Natalie Portman, Israeli-Amerikaanse aktrise. 1984 – Wesley Sneijder, Nederlandse sokkerspeler.

Sterftes

68 – Nero, Romeinse keiser (* 37). 597 – Columba van Iona, Ierse monnik en sendeling (* 521). 1870 – Charles Dickens, Britse skrywer (* 1812). 1927 – Victoria Woodhull, Amerikaanse aktivis vir vroueregte (* 1838). 1928 – Ds. Abraham Kriel, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en stigter van die Langlaagte-weeshuis (* 1850). 1929 – Louis Bennison, Amerikaanse verhoog- en en stilfilmakteur (* 1884). 1932 – Ds. Taetse Hamersma, Nederlandsgebore predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. (* 1865). 1946 – Rama VIII of Ananda Mahidol, koning van Thailand (* 1926). 1958 – Robert Donat, Engelse akteur (* 1905). 1973 – Erich von Manstein, Duitse generaal (* 1887). 1976 − Paul Rodenko, belangrike Nederlandse digter, kritikus, essayis en vertaler (* 1920). 1976 – Ivan Mitford-Barberton, Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer (* 1896). 1991 – Claudio Arrau, Chileens-Amerikaanse pianis (* 1903). 1993 – Alexis Smith, Amerikaanse aktrise (* 1921). 2014 – Rik Mayall, Engelse komediant, akteur en skermskrywer (* 1958). 2017 – Adam West, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1928). 2017 – Carl von Hirschberg, 'n Suid-Afrikaanse diplomaat (* 1926). 2008 – Ousmane Sembène, Senegalese skrywer en filmvervaardiger (* 1923). 2021 – Edward De Bono, Malteesgebore skrywer (* 1933). 2021 – Saul B. Cohen, Amerikaanse geograaf en universiteitsprofessor (* 1925). 2022 – Matt Zimmerman, Kanadese akteur (* 1934). 2025 – Frederick Forsyth, Engelse romanskrywer en joernalis (* 1938).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Gepubliseer Teologie 1762 – Quanto in dolore, oor die belediging van die Kerk, deur Pous Clemens XIII. 1832 – Cum Primum, oor burgerlike gehoorsaamheid, deur Pous Gregorius XVI.

Kategorie:Junie